Leesplan inligting

Die HuwelikskursusVoorbeeld

The Marriage Course

DAG 3 VAN 7

Los Geskille Op


Konflik is onvermydelik in enige huwelik; alle egpare het meningsverskille.



Ons tree in die huwelik vanuit verskillende agtergronde, behoeftes, prioriteite en persoonlikhede.




  • Dis nie 'n goeie idee om jou lewensmaat te probeer dwing om dinge op jou manier te doen nie.

  • Met die regte hulpmiddels kan ons verhouding versterk word deur geskille te hanteer.

  • In die huwelik is ons aan dieselfde kant, in dieselfde span.


Vier beginsels om konflik te hanteer:


1. Onthou jou lewensmaat se positiewe karaktereienskappe



Gaan voort om waardering te betoon vir dit waaroor jy jou lewensmaat liefhet (bewonder), al verskil julle ernstig oor sekere sake. Hoe meer julle fokus op dit wat julle in mekaar waardeer, hoe meer waardeer julle mekaar. 



Maak 'n daaglikse gewoonte daarvan om vir jou lewensmaat te wys dat jy hom of haar waardeer.



2. Erken dat dit goed is om te verskil.



Moenie probeer om die ander een te verander nie. Leer om die verskille in jul geaardhede, persoonlikhede, opvoeding en waardes te aanvaar.



Sien jul huwelik as 'n vennootskap waarin julle jul sterkpunte saamvoeg en julle mekaar kan ondersteun in jul swakhede.



3. Soek na 'n "ons" oplossing.



Vyf praktiese stappe:



1. Fokus op die kwessies




  • Skuif die saak tussen julle weg en plaas dit eerder voor julle.

  • Bespreek die saak, eerder as wat jul mekaar daaroor aanval.


2. Gebruik "ek" stellings




  • vermy ("Jy doen dit altyd …", "Jy sal nooit …")

  • verduidelik jou gevoelens (" Ek voel minderwaardig wanneer jy …")


3. Luister na mekaar




  • neem beurte om te praat (al moet die een wat praat iets vashou wat aandui dis sy of haar beurt)


4. Hou 'n dinkskrum om oplossings te kry




  • maak 'n lys, indien nodig


5. Besluit op die beste oplossing vir die huidige en bespreek dit weer later




  • Indien dit nie werk nie, probeer 'n ander oplossing op jou lys


Probeer om hierdie vyf stappe toe te pas op iets wat konflik veroorsaak.



4. Ondersteun jou eggenoot



Wanneer ons verwag dat ons lewensmaat aan al ons behoeftes moet voldoen, gaan ons mekaar sekerlik teleurstel en seermaak, en die huwelik die afgrond instuur. 



Fokus meer daarop om aan jou lewensmaat se behoeftes te voldoen as wat jy verwag dat aan jou behoeftes voldoen moet word. 



Wanneer ons op God fokus om aan ons behoefte van onvoorwaardelike liefde te voldoen, kan ons makliker op mekaar se behoeftes fokus.



Bid vir mekaar sodat julle meer gereeld met mekaar verbind




  • Vyf tot tien minute daagliks is beter as 'n uur elke maand.

  • Vra mekaar af: "Waarvoor kan ek vandag vir jou bid?"

  • Steun op God se beloftes in die Bybel en begin met dankbaarheid.

  • Hoe hegter ons individuele verhoudinge met God is, hoe hegter sal ons as man en vrou wees.

  • Indien julle mekaar ontstel, vra om verskoning, vergewe mekaar voordat julle bid.


Vra jou lewensmaat: "Waarvoor kan ek vandag vir jou bid?"


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Marriage Course

Die huwelik is ontwerp as die naaste moontlike verhouding van toenemende intimiteit en onderlinge afhanklikheid, maar dit gebeur nie vanself nie. Ons moet aanhoudend daaraan werk om aan ons huwelik verbind te bly. Hierdi...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid