Leesplan inligting

Evangelie-gedrewe Werk In Die COVID-19 KrisisVoorbeeld

Gospel Driven Work In The COVID-19 Crisis

DAG 1 VAN 4

Om geïsoleerd te wees as gevolg van gevangenskap, was nie deel van Paulus se planne nie. 



Met die eerste oogopslag moes sy gevangenskap gelyk het soos 'n ontwrigting van sy pogings om die evangelie deur middel van sy werk as 'n tentmaker en prediker te versprei. Maar Paulus het baie duidelik verklaar: "wat my oorgekom het, [het] juis die verkondiging van die evangelie bevorder" (Filippense 1:12).



Hoe? Soos Filippense 1:3 dit duidelik maak, was dit moontlik vir die evangelie om helder te skyn, omdat dit Paulus 'n geleentheid gegee het om te wys dat, ten spyte van die omstandighede, hy uiteindelik "in kettings vir Christus" was, gewillig geboei aan die soewereiniteit van God.



Daardie hoop in die konteks van Paulus se omstandighede moes vir "al die paleiswagte" gelyk het soos iets van 'n ander wêreld. Dus het hulle ook die hoop van die evangelie begin verstaan.



Watter lewensles kan ons uit hierdie teks kry terwyl jy en ek in relatiewe isolasie werk en leef? Ons het, net soos Paulus, unieke geleenthede om die hoop van die evangelie te demonstreer, nie ten spyte van ons omstandighede nie, maar presies as gevolg daarvan. Hoe?



Deur te wys ons is besorgd, maar nie angstig nie. Het ons gronde om oor die coronavirus besorg te wees? Natuurlik. Het ons gronde om angstig te wees? Absoluut nie, omdat ons "die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan," het (Filippense 4:7). In hierdie tyd van groot onsekerheid kan ons uiteindelike sekuriteit die evangelie 'n aanwins maak vir ons kollegas, klante en vriende.



Deur ongewone oplettendheid teenoor dié rondom ons te betoon. Nou meer as ooit, moet Christus se volgelinge dié mense wees wat buitengewone besorgdheid toon teenoor die mense wat saam met ons werk, meer as net die "waarde" wat hulle tot ons maatskappy of spanne toevoeg. Hierdie is 'n oomblik wanneer om meer persoonlike vrae oor gesinne en gesondheid te vra nie net aanvaarbaar is nie, maar merkbaar menslik. Laat ons die kollegas wees wat daarvoor bekend is dat ons diep omgee vir die "volledige persone" met wie ons daagliks saamwerk.



Deur ons hoop uitdruklik te deel. Die twee voorstelle hier bo kan as wenke dien as die evangelie ons uiteindelike motivering is om ons naaste lief te hê, maar op 'n sekere punt moet ons die evangelie deel met ons woorde. Nou is net so 'n goeie tyd as enige ander. Die mense in ons virtuele kantoor by die huis en in die voorstede, hunker meer na hoop as ooit tevore. Hoop vir die wêreld. Hoop vir hulle werk. Hoop vir hulleself. As Christene het ons die geestelike entstof wat vir ewig hoop kan voorsien. Laat ons vrymoedig genoeg wees om dit te deel en "om die woord van God onbevrees te verkondig" (Filippense 1:14)!


Aangaande hierdie leesplan

Gospel Driven Work In The COVID-19 Crisis

Werk jy van die huis af? Geïsoleerd van jou gemeenskap? In hierdie 4-dag leesplan sal jy deur die boek Filippense lees, (wat Paulus in die tronk geskryf het), om Bybelse perspektief, hoop en instruksies te vind vir hoe o...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://jordanraynor.com/covid19/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid