Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

Inleiding tot 1 Tessalonisense
Volgens geleerdes was hierdie die heel eerste brief wat Paulus ooit geskryf het. Hy het die brief ongeveer 51 n.C. geskryf, 'n paar maande nadat hy in Tessalonika gepreek het. Nadat hy die kerk verlaat het, wou hy sekermaak dat die nuwe kerk goed vaar, daarom het hy vir Timoteus na hulle teruggestuur. Timoteus het met goeie nuus teruggekeer, wat daartoe gelei het dat Paulus hierdie brief ter aanmoediging aan hulle geskryf het.
Hierdie brief is gevul met hoop oor die terugkeer van Christus — die wederkoms. Paulus was bemoedig deur hulle geloof, maar hy het gevoel dis nodig om hulle misverstande reg te stel oor Jesus se opstanding en sy wederkoms.
Aangaande hierdie leesplan

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.
More
Verwante Leesplanne

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis

Om op God te Wag

Verkry Goddelike Wysheid

Beter As Normaal

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid
