Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 13 VAN 16

Is Dit Vrees Wat Jou Terughou?

Wat weerhou jou daarvan om jou volle potensiaal te bereik? Vrees. Wat weerhou jou daarvan om alles te word wat God wil hê jy moet wees? Vrees. Wat weerhou jou daarvan om 'n nalatenskap te vestig wat sal bestaan tot in ewigheid? Vrees.


Daar is drie soorte vrees wat jou daarvan kan weerhou om jou talente te ontwikkel en jou doel te bereik.


1. Self-vertwyfeling. Dit hou jou gevange sodat jy nie jou potensiaal kan ontwikkel nie. Hierdie is eintlik die vrees vir mislukking. Mislukking is egter nie nadelig nie! Trouens, die vrees om te misluk is baie erger as mislukking self. Mislukking is eintlik 'n goeie ding. Mislukking is hoe jy leer wat nie werk nie. Dit is hoe jy groei om 'n beter ouer, vennoot of professionele persoon te wees.


Moenie dat 'n gebrek aan selfvertroue jou terughou nie. Ek sal eerder probeer om iets groots te doen en misluk, as om niks te probeer nie en daarin te slaag.


2. Selfbewustheid. As jy bekommerd is oor wat ander mense gaan dink, sal jy niks in jou lewe uitgerig kry nie. Jy moet net doen wat God vir jou sê om te doen. Dis al waarvoor jy aanspreeklik is. Jy is nie geroep om die beste in die wêreld te wees nie. Jy is geroep om die beste te wees wat God jou gemaak het om te wees.


3. Selfbejammering. Daar was twee dissipels wat skouspelagtig misluk het. Petrus en Judas het albei vir Jesus verloën in kritieke tye, maar hulle het op heeltemal verskillende maniere op hul mislukking gereageer. Judas het homself jammer gekry en toe gaan ophang. Petrus, daarenteen, het bitterlik gehuil, daaroor getreur, berou gehad, God gevra om hom te vergewe, homself opgetel en teruggegaan om God te dien. En 40 dae daarna het Petrus die hele Jerusalem tydens die Pinksterfees toegespreek, 3 000 mense het tot bekering gekom en die Christelike kerk is gebore. Van al die mense wat God kon gebruik het om die kerk tot stand te bring, het Hy die man met die grootste mislukking gebruik. Dit beteken dat daar vir jou plek is in die familie van God!


In plaas van om in vrees te lewe, glo wat God van jou sê in Efesiërs 2:10: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid