Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 9 VAN 10

Ek is Tot Alles in Staat Deur Christus



Gee vir God jou swakheid, en Hy sal vir jou sy krag gee. — Anoniem



Filippense 4:13 sê dat ons tot alles in staat is deur Christus wat ons krag gee. Hierdie vers is bemoedigend, maar dink net aan die hoop wat dit bring wanneer ons regtig verstaan wie ons is. Wanneer ons verstaan ons is…



God se kinders

Vergewe en vry van veroordeling

God se meesterstukke

Meer as 'n oorwinnaars

Nuutgemaak in Christus

Veilig van die bose

Burgers van die hemel



Dit is dan wanneer ons regtig tot alles in staat sal wees deur Christus se krag. Nie net 'n paar dinge of sommige dinge nie, maar alle dinge. In werklikheid sê die Bybel dat dit juis in ons swakste oomblikke is wat Christus se krag volmaak word. Daardie oomblik wanneer ons net wil moed opgee of handdoek ingooi, is die presiese oomblik wanneer sy magtige krag 100% gewaarborg is. 



Deur die krag van Christus kan niks 'n houvas op ons kry nie. Nie vrees, bekommernis, twyfel, nederlaag, moedeloosheid, eensaamheid, swaarkry of pyn nie. Ons moet net ons houding verander van terugdeins na regop staan en die krag herken wat binne ons bereik is.



Onthou volgende keer as 'n vreesaanjaende situasie oor jou pad kom of 'n dreigende gedagte in jou kop opkom, dat jy dit kan oorwin deur Christus se krag wat in en deur jou werk. Jy hoef nie alleen al daardie moeilike dinge te doen nie. Nee, jy moet net die waarheid jou eie maak, naamlik dat jy alle dinge deur Christus kan doen en dan vertrou dat God sy volmaakte, ewige krag sal voorsien. 



Oordink




  • Skryf in jou eie woorde neer wat “Ek is tot alles in staat deur Christus” vir jou beteken. 

  • Herhaal “Ek is tot alles in staat deur Christus” dwarsdeur jou dag - stel jou horlosie en sê dit elke uur, sodat dit diep in jou gewortel word of skryf dit op 'n plakkaat en sit dit waar jy dit dikwels kan sien.

  • Dink aan 'n situasie waarmee jy te doen gekry het of sal kry, waar jy hierdie waarheid kan toepas.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid