Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 1 VAN 10

Weet Wie Jy Is



Om verteer te word deur wat mense van jou dink, is die vinnigste manier om te vergeet wat God van jou dink. — Craig Groeschel



Wie is jy? 



As iemand ons die vraag vra, is die eerste ding wat ons gewoonlik noem, een van die pligte of rolle wat ons daagliks verrig. Ek is 'n dokter. Ek is 'n tuisbly-mamma. Ek is 'n brandweerman. Ek is 'n skrywer. Maar dit is eintlik nie wie ons is nie; dit is wat ons doen.



Dit is verstaanbaar dat ons reaksie daarop is om iemand te vertel wat ons doen. Dit is so natuurlik soos asemhaal, want wat ons doen, wel, dit is wat ons elke dag doen. Of ons nou hou van wat ons doen of nie, dit kan nie wees wat ons definieer nie. As dit so is, sal ons identiteit misplaas word, omdat ons werk en rolle regdeur ons lewens verander. En met 'n misplaaste identiteit leef ons 'n lewe met min tevredenheid en streef ons altyd na aanvaarding.



As volgelinge van Christus, kom ons identiteit van wie God sê ons is, nie van wie ander sê ons is nie. Tog glo ons elke dag dinge oor onsself wat onwaar is. Hierdie onwaarhede strook nie met die Waarheid oor ons volgens die Bybel nie. Nie net is dit maklik om ons identiteit aan te neem van wat ons doen nie - ons word dikwels deur diegene rondom ons gemerk:



Verloorder

Lafaard

Alkoholis

Bedrieër

Lui

Werkslaaf

Niemand



Daardie woorde, daardie mense en daardie beskrywings is nie wie ons is nie. As jy nog nooit jou ware identiteit as 'n Christen verstaan het nie, sal hierdie Bybelleesplan jou help om hierdie lewenslange strewe te begin om jou ware self te leer ken.  God noem jou:



Sy Kind

Een Wat Vergewe is

Sy Meesterstuk

Nuut in Christus

Meer As 'n Oorwinnaar

Veilig Van die Bose

Burger van die Hemel



Oor die volgende nege dae van hierdie leesplan leer ons meer oor wie ons in Christus is. Om te weet wie ons is as volgelinge van Christus, is noodsaaklik in ons lewenswandel met Jesus. As ons weet wie ons is, sal ons weet wat om te doen. 



Oordink




  • Watter rolle of benamings is aan jou gegee waarvan jy hou? (d.w.s vader, onderwyser, vriend, mooi, atleties.)

  • Is daar 'n negatiewe benaming of rol wat jou die grootste deel van jou lewe gevolg het? Wie het dit vir jou gegee - ander of jyself?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid