Leesplan inligting

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte TyeVoorbeeld

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

DAG 7 VAN 8

Voortsetting van gister se oordenking deur Heather Brower



Om 'n Volgeling van Christus Groot te Maak (Deel 2)



Ons het gister probeer om van die algemene vrae te beantwoord. Vrae wat ons dalk het oor hoe om 'n volgeling van Christus groot te maak, wat ook 'n gestremdheid of spesiale behoeftes het, of wat anders is. Kom ons praat nou oor vyf prettige maniere hoe ons ons kinders met spesiale behoeftes van Jesus kan leer, ongeag hul ouderdomme of op watter vlak hul vermoëns is!



1. Wees 'n rolmodel. Ek het my vriendin Alice — van wie ons op Dag 4 gehoor het — gevra hoe sy haar geloof aan haar seun oordra en dit is haar antwoord: "Ek beskou my geloof as my identiteit, dus 'n deel van wie ek is en nie 'n item op my taaklysie nie. Ek is 'n volgeling van Christus. Dit is die lug wat ek inasem, die kos wat ek eet en die rus wat ek opsoek. Ek maak dit 'n gereëlde en natuurlike deel van my dag. Wanneer ek God sien werk, of dit nou in die natuur is, in die lewens van mense of hul omstandighede, maak ek 'n punt daarvan om my waarnemings oor te vertel. Ek hou elke dag 'n gesprek oor iets van God … as jy na God soek, sal jy Hom kry. Ek probeer om dit 'n normale deel van ons gesinslewe te maak — om God in die alledaagse te vind en dit dan oor te vertel."



2. Bid saam. Gebed is werklik. Dit kan selfs die mees werklike ding wees wat ons as ouers ooit vir ons kinders se geestelike gesondheid doen. Wanneer jy hardop bid, sal jou kind dalk in sy hart met jou saam bid. Jy sal nooit weet watter invloed jou gebede op jou kinders het nie. As jou kind in staat is om jou woorde te herhaal, laat hom dan toe om jou gebede te herhaal. Indien jou kind met jou kan kommunikeer, vra hom dan waaroor hy met God wil praat. Dan kan julle saam met God praat. Gebed is 'n manier om bande te smee, nie net tussen God en die mensdom nie, maar ook tussen ouer en kind.



3. Integreer God in jou daaglikse roetine. Wanneer julle vir terapie gaan, vra God om jou kind se terapeut die wysheid te gee om te verstaan wat jou kind die beste sal ondersteun. As jy nie seker is hoe om 'n moeilike diagnose te hanteer nie, is jou eerste verdedigingslinie om God vir wysheid te vra oor wat die volgende stappe moet wees. Wanneer jy jou kind help aantrek, kan jy God hardop dank dat Hy jou kind se liggaam geskep het en vir die klere wat hy kan dra. Wanneer jy jou kind 'n nuwe roetine aanleer, kan jy met jou kind praat oor hoe God die hele wêreld geskep het om goed te werk, net soos die nuwe roetine om tande te borsel hulle tande goed en gesond sal hou! 



4. Soek 'n leerplan wat jou kind pas. Weet jy waarna jou tiener graag sou wou kyk om van God en Goddelikheid te leer? Dit hoef beslis nie dieselfde te wees as hul tipiese portuur sou geniet het nie! Daar is vreeslik baie inhoud wat jy gratis by www.life.church/kids vir jou gesin kan kry. Ek weet byvoorbeeld van 'n groep tieners wat elke Woensdagaand bymekaarkom. Elke tiener het 'n ontwikkelings-gestremdheid. Hulle maak tans van LifeKids se leerplan vir vroeë kinderjare gebruik en is gek daaroor! Hulle leer van die Skrif en kan aanhalings aan hul gesinne en skole voordra. Al die video's en musiek is aanlyn beskikbaar sodat julle dit tuis kan kyk. 



5. Gebruik musiek. Een van ons gesin se gunsteling maniere om vreugde te ervaar in ons wandel met God, is deur musiek. My seun se eerste gesprek met my (behalwe om net te herhaal wat ek ook al vir hom gesê het), was toe hy die lirieke van 'n liedjie aanhaal wat hy by die kerk geleer het. Musiek het 'n diepgaande en positiewe uitwerking op ons. Het jou kind 'n moeilike dag gehad? Probeer om aanbiddingsmusiek te speel en kyk hoe die gemoedstoestand in jou huis verbeter. 



Ons kan lei deur die voorbeeld wat ons stel. Ons kan ons kinders liefhê. Ons kan 'n omgewing vir hulle skep waarvan Jesus deel van die daaglikse omgangstaal vorm. Ons kan bid. Ons kan aan onsself genade bewys wanneer ons vermoeid is en vir 'n hele maand nie 'n enkele daad van ouerskap regkry nie! Die allerbeste — ons kan dophou hoe God Homself aan ons en ons kinders openbaar op maniere wat ons dit miskien nooit verwag het nie.



Joernaal: Pas jy en jou gesin reeds enige van hierdie vyf dinge toe? Kan julle nou begin? Is daar enige ander maniere waarop jy Jesus aan jou gesin kan uitbeeld?  


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid