Leesplan inligting

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte TyeVoorbeeld

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

DAG 3 VAN 8

Oor die volgende vyf dae gaan ons die wyse raad lees van ouers wat in verskillende stadiums van hul reise is om kinders met spesiale behoeftes groot te maak. Laat toe dat God jou bemoedig en jou hart versterk terwyl jy dit lees. Dalk sien jy iets van jouself in wat hulle sê. Hopelik sal jy ook sien dat jy nie alleen in hierdie avontuur is nie.



Vandag se oordenking kom van Ashley Armstrong wat gereeld haar seun, Finn, aanmoedig terwyl hy toertjies met sy rystoel uithaal. 



Die Somer Is In Aantog



Het jy jouself verloor? Vergeet wie jy is, wie God jou geskep het om te wees? Ek het beslis — eers op universiteit en toe gedurende 'n baie donker swangerskap met ons eerste kind. Ek hoop jy put 'n paar eenvoudige woorde van bemoediging vir jou moeilike, donker, bewolkte dae.



Ek het op universiteit in my letterkundeklas vir die eerste keer Albert Camus se geskrifte raakgeloop. Hierdie spesifieke aanhaling het my aandag getrek en met daardie donker grotte in my siel gepraat, en het my lewe sedertdien beïnvloed: "Midde-in die winter het ek uiteindelik agtergekom daar skuil 'n onoorwinlike somer in my." Op daardie stadium het dit gevoel asof ek verdrink. Ek het myself letterlik verloor. 



Dit was winter in my hart. My drome was soos yskristalle wat bo my hang en dreig om te val. Ek was hartseer en kwaad en het geworstel met die angel van verwerping. Ek het voorgegee om sterk te wees, maar was broos van binne. Tog het God die ys in my ontdooi. 



Hy het my oë oopgemaak om ander te sien wat baie dieper seer as ek gehad het en Hy het my daardeur herinner wie Hy my geskep het om te wees. Die somer het teruggekeer. Ek het selfs verlief geraak op die man met wie ek sou trou. 'n Aantal jare later het vreugde ons lewens gevul: ons gaan 'n baba hê!



Na 'n paar vreesaanjaende komplikasies met die swangerskap, het ons vir 'n afspraak gegaan om die baba se geslag vas te stel. Die tegnikus wat die ultraklank gedoen het, het ongemaklik geword en ons na 'n ander vertrek geneem waar ons gehoor het die mate van ons seun (dis 'n seun!) se skedel was te groot. Spesialiste het verduidelik dat ons seun aangebore defekte aan sy ruggraat het en waarskynlik nooit sal loop nie, tesame met ontelbare terugslae en gestremdhede. Ek en Joey was verpletter. Ons het die meeste nagte onsself aan die slaap gehuil. Ek was kwaad vir God en gegriefd teenoor al my vriende — selfs vreemdelinge — wat gesonde kinders het. Ek het vergeet wie ek is.



Ons het al almal, of is tans besig om daardie oënskynlike eindelose winters te verduur — die soort wat 'n bietjie vriesbrand op ons harte laat. Jy het te vroeg die verlies van 'n geliefde ervaar. Verwerping. Egskeiding toe jou hoop op "vir altyd" was. Verskeie miskrame. Onvrugbaarheid. Jy het die angel van molestering of verwaarlosing gevoel.



Hierdie pyn kan jou laat toevries, veroorsaak dat ons onsself van die wêreld afsluit, opkrul met 'n kombers oor ons koppe en die sneeustorm toelaat om voort te woed.



Dit werk vir 'n rukkie, maar op 'n stadium sal die somer kom. Dit is meedoënloos en onoorwinlik.



Winter het probeer om my te vries in die vrees dat ek nie in staat is om 'n kind met beduidende spesiale behoeftes groot te maak nie. Tog, toe die somer kom en ek in my seun se oë kyk, sien ek God se liefde en getrouheid. My seun werk so hard. Hy is vol vertroue, ondanks sy verskille, en leer my om elke dag die krag in my eie liggaam te geniet — en dit nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. Die liefde van die verpleegsters, dokters, terapeute, onderwysers, vriende en uitgebreide familie wat vir ons seun sorg, is somer sonstrale wat warmte in ons lewens bring.



Laat toe dat blomknoppies in jou eie lewe begin uitspruit, blomme begin vorm, en mettertyd sal jy die blomblare kan pluk om met ander te deel wat nog in die winterskaduwees is.



Hierdie praktiese wenke kan jou help om deur daardie donker dae te kom:




  1. Lees die Bybel. Raak aan die slaap met jou gesig op die Bybel en word vroeg wakker om verder te lees. 

  2. Kry berading. Dis niks om oor skaam te wees nie. 

  3. Doen dinge waarvan jy hou — die dinge waarvoor God jou geskep het. Ons geestelike vyand wil hê ons moet ophou om dinge te doen wat vir ons vreugde bring. 

  4. Gaan bemoedig iemand anders wat seerkry. Bied jou tyd vrywillig aan. Raak betrokke by jou kerk en dien in jou gemeenskap. Dit sal jou help om perspektief te behou. 


Wanneer jy in jou eie donker winter bewe, onthou daar is hoop. Geen tydperk hou vir altyd aan nie. 



Die somer is op pad.



Joernaal: Is jy in die winter of somer? Watter treë het jy gegee of moet jy gee om by die somer uit te kom? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid