Leesplan inligting

My Kind is Anders: Ondersteuning vir die Goeie en Slegte TyeVoorbeeld

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

DAG 2 VAN 8

Gestremdheid Is Nie 'n Vloek Nie 



Daar is 'n verhaaltjie wat 'n treffende denkbeeldige prentjie skilder van hoe dit kan voel wanneer jy vir die eerste keer agterkom dat daar iets dramaties anders aan jou kind is. Lees die verkorte weergawe as 'n vinnige verkwikking. 



Jy het 'n reis na Italië beplan. Jy het eers 'n paar kilogramme afgeskud in afwagting van al die pasta wat jy gaan eet. Jy weet julle gaan binne die eerste paar dae die Kolosseum en die Leunende Toring besoek. Jy het ook die perfekte uitrustings ingepak vir die foto's wat by die Middelandse See geneem sal word. Van jou vriende was al voorheen in Italië, dus voel jy voorbereid en gereed om hul beste aanbevelings te volg. 



Toe die vliegtuig egter land, sê die vlieënier: "Welkom in Nederland". Jy is kwaad, ontsteld, seergemaak en dalk selfs verward. Jy wil nie ondankbaar klink nie, maar jy het nie daarvoor gevra, en wil ook nie in Nederland wees nie. Hoe het ek hier beland? Wat doen mense hier vir pret? Wat gaan ek sien en ondervind? Watter taal praat hulle hier? 



Vir 'n rukkie bly jy waarskynlik kwaad en verward. Jy is dalk verslae omdat jy nie die antwoorde op jou vrae het nie, asook soveel ander vrae wat jy miskien het. Jy voel dalk heeltemal alleen. Almal wat jy ken is by die Amalfikus waar hulle die son en seekos geniet. Jy, aan die ander kant, is hier in Nederland. 



Die waarheid is: daar is ook skoonheid in onverwagte plekke. Omdat ons soms te na gekom voel of nie kan help om te wonder waarom God ons nie toegelaat het om die drome na te volg wat ons vir onsself voorgestel het nie, kan ons nie die skoonheid raaksien nie. 



Hierdie waarhede mag jou help om die skoonheid te vind in die lewe wat God vir jou gegee het. 



1. Om te beskuldig, verleng die pyn in plaas daarvan om heling te bring. Ons speel soms die "Wat As" en die "Beskuldig"-speletjies, maar alhoewel beskuldiging dalk belofte van afsluiting inhou, bring dit eerder pyn. Beskuldiging lei nie gewoonlik na genesing nie en dit sal jou nie die vrede bring waarop jy hoop nie. In elk geval, niemand hoef beskuldig te word nie, want God kan daarin verheerlik word (Johannes 9:1-3). As jy dus rede het, vergewe jouself, iemand anders of vir God. 



2. God het jou kind doelbewus geskep. Ons word almal as die beeld en gelykenis van God geskep, en ons is almal sy meesterstukke. 'n Meesterstuk word nie slordig en oornag geskep nie. Dit word met sorg, doelbewus en in liefde gevorm en kunstig gegiet. 'n Skilder verander nie daardie bolle verf op sy palet in sommer enigiets nie. Selfs skilders wat lyk of hulle sommer verf op die doek gespat het, het 'n visie. Hulle sien in hul gedagtes wat hulle wil skep en met groot aandag en kunsvaardigheid, skep hulle dan iets wonderliks uit niks. God het dit met jou kind gedoen. Hy het iets — iemand — wonderlik geskep (Psalm 139:13-15; Efesiërs 2:10; Eksodus 4:11).



3. Ons sal ons antwoorde in die hemel kry. Jy weet dalk nie waarom jy op so 'n onverwagte reis beland het nie, maar dis in orde. Jy mag dalk nooit weet waarom jou reis by tye so pynlik was nie. Ons sien nou net ten dele. Ons sal nie 20/20 visie hê of enigiets ten volle verstaan aan hierdie kant van die hemel nie. Intussen vra God net dat ons geloof sal hê — Hy sal alles vir ons ten goede laat meewerk, en Hy doen alles met 'n doel (2 Korintiërs 4:16-18; Romeine 8:28; 1 Korintiërs 13:12).



4. Daar is skoonheid in andersheid. Ja, dit mag lyk of jou vriende en familie jou droom lewe en onbewus van jou ervarings is. Jy mag selfs jaloers wees wanneer jy na hulle lewens kyk. Onthou egter: jou gesinslewe, met al sy verskille en uniekheid, het skoonheid. Natuurlik sluit dit uitdagings in waarvoor jy nie altyd voorbereid voel nie, maar God sal jou wys en leer van verskillende en fantastiese, wonderlike dinge op jou spesifieke reis. Trouens, jy sal in staat wees om diep lesse te leer en kragtige waarhede wat jy nooit andersins sou geleer het as jy in "Italië" geland het nie. 



God het dus jou vliegtuig gekaap en jou Nederland toe gebring. Kan dit dalk die grootste seën in jou lewe wees? Kyk om jou, kyk na die besienswaardighede en geniet dit soveel as wat jy kan. Kort voor lank sal jy besef daar is skilderye van Rembrandt en van Gogh, skouspelagtige landerye van tulpe en stroopwafels om te geniet!



Jy word nie gestraf of vervloek nie. Jy is geseën met 'n pragtige, perfekte, as-die-beeld-van-God-geskape kind. 



Joernaal: Skryf oor sommige van die vreugdes en pragtige oomblikke wat julle in jul gesinsreis met gestremdheid of spesiale behoeftes gehad het. Indien jy nou eers begin, kan jy 'n lys maak van die pragtige gedagtes en gevoelens wat jy oor jou kind het. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

My Child’s Different: Support for the Ups & Downs

Hierdie leesplan is bedoel vir ouers van kinders met gestremdhede, wat verskillend is of enige spesiale behoeftes het — ongeag waar jy jou in jou reis bevind. Lees wat ander ouers en ondersteuners sê hoe om die gevoelens...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid