Leesplan inligting

Die WrokVoorbeeld

The Grudge

DAG 5 VAN 7

Vergifnis in die Woestyn 



"God, ek is regtig vir U kwaad," mompel ek onderlangs terwyl ek my Bybel hard in my bedkassie se laai neerplak. Dit voel nie meer soos 'n tuiste nie, en niks voel werklik nie. Vir byna 'n jaar reeds voel ek nie meer myself nie, terwyl angs en depressie my denke in hul greep het. 



Ek het geveg, terwyl ek desperaat probeer het om weer die mens te wees wat ek was — iemand wat Jesus as 'n dierbare vriend beskou het, wat God op 'n diep, persoonlike wyse geken het, en die Gees elke oomblik van my dag voel beweeg het. Tussen die grootmaak van vier wilde, wonderlike kinders, balans met my werk probeer behou en ander aanmoedig om met hul hele harte hulle vertroue in God te plaas, het ek self vergeet om my vertroue in Hom te plaas. 



Ek was kwaad dat God my in die woestyn laat ronddwaal het — in daardie tyd toe ek nie sy teenwoordigheid kon voel nie en in my eie denke vasgevang was. Ek het die woestyn gehaat. 



In my woede en frustrasie het dit maande geneem om die krag te kry om weer my Bybel oop te maak. In hierdie tyd het ek hoofsaaklik op God geskree. Weet jy wat? Ek het agtergekom dat God dit kan hanteer. Hy kan my gramskap hanteer. Hy kan my woedebuie hanteer. Hy kan alles hanteer. 



Op 'n dag het ek uiteindelik die krag gehad om my Bybel oop te maak en het myself in Job se verhaal gesien. Ek het dalk nie my skape verloor nie (wel, ek het nog nooit enige skape besit nie), maar ook nie my kinders of my huis nie, maar ek het die las gevoel van die vyand se aanvalle wat van alle kante gekom het. Net soos Job, het ek geweet ek het die ruimte om kwaad te word, maar ook om God te vergewe en sy almag te onthou. 



Ek het hierdie paar dinge geleer van hoe om God te vergewe nadat jy seergekry het. Ek hoop dit sal jou help om ook in vergifnis te wandel. 



1. Onthou dat God alle dinge tot jou beswil laat gebeur. Hy mag toelaat dat slegte dinge met jou gebeur. God het nooit maanskyn en rose vir elke dag belowe nie! Moeilikheid en hartseer mag op jou gestapel word tot jy die punt bereik waar jy op Hom gil en skree, maar Hy kan dit hanteer, en Hy werk in alle dinge tot jou voordeel. 



2. Laat jou oortredinge toe om 'n geleentheid te word waardeur jy God intiemer kan leer ken. Ek kan met opregtheid sê dat elke donker dag in my wandel met die Here my net nader aan Hom gebring het, selfs al het ek die hele pad gegil en geskree soos 'n kleuter wat weier om sy ertjies te eet. Die woestyn kan ons altyd naby aan Hom bring. 



3. Wees dankbaar en hou op kla.God hou nie daarvan dat ons kla of teëpraat nie (Filippense 2:14). Ons word aangesê om dankbaar te wees in elke omstandigheid, nie vir elkeen nie. Soos ek altyd vir my kinders sê — hou asseblief jou gesindheid dop! 



4. Onthou dat God niks verkeerd gedoen het nie, tog kan jy Hom maar vergewe. Dit was die keerpunt vir my om genesing te kry. Dit is maklik om God te blameer wanneer dinge nie uitwerk soos ons verkies nie, want ons dink Hy het sy mes in vir ons. God is egter nooit verkeerd nie. Sy bedoeling is nooit om ons seer te maak of sonder rede te laat ly nie. Ons mag Hom maar vergewe, want dit help ons om te begin genees en in 'n gesonder verhouding met Hom te wandel. 



Kom ek vertel jou — my genesing het begin. Gedurende daardie donker, woedende dae in die woestyn, het ek nie gedink daar is genesing nie. Ek was nie seker of ek ooit 'n punt sou bereik om God ten volle te vergewe nie. Ek kan egter nou sê dat ons in 'n nuwe ritme wandel, soos iets wat ek nog nooit geken het nie. Dit is vars en anders. Ek sou nooit hierdie intimiteit ervaar het as dit nie vir die woestyn was wat ek so verag het nie. Dus is die woestyn tog nie so sleg nie. 



—Karin, wat vergifnis in die woestyn vind. 



Bid:Dankie Vader, vir u geduld, vriendelikheid en genade. Dankie dat U my gebed gehoor het en my emosies kan hanteer — selfs wanneer ek vir U kwaad of omgekrap raak. Help my om elke oomblik in die woestyn aan te gryp as 'n geleentheid om U en u goedheid te herontdek.  


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Grudge

Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis ka...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid