Leesplan inligting

Die WrokVoorbeeld

The Grudge

DAG 2 VAN 7

Om Oortredings te Vergewe 



Was jy al ooit gefrustreerd deur mense wat nie in die verkeer aandag skenk nie en veroorsaak dat jy uiteindelik gedwing word om jou remme aan te slaan? Ek was al beslis. Met die rol van my oë en 'n wrang aanmerking mag ek teen hulle uitgevaar het. 



Hoekom laat ons toe dat sulke onbenullighede ons dae affekteer? Wat op aarde besiel ons om so maklik aanstoot te neem van die aksies van ander?



Dit mag wees dat ons dit te hoog aanslaan om reg te wees. Dink aan my voorbeeld van die verkeer. Jy mag dalk dink: Ek sal nooit voor iemand insny nie, want ek is 'n uitstekende bestuurder. 



In wese word ons kwaad omdat ons aanneem dat ons beter mense as die swak bestuurders is. Ons vergeet te maklik dat ons in dieselfde bootjie is: die onvolmaakte bootjie. Ons skiet almal tekort aan God se volmaaktheid. 



Ons mag selfs aanneem dat ander ons moedswillig probeer seermaak of uitlok. Ons vorm dan onmiddellik negatiewe menings van ander, gebaseer op hierdie kwetsende aannames. Ons kan nie toelaat dat hierdie ongegronde gevoelens verwoesting in ons lewens saai nie. Gevoelens moet eintlik net 'n aanduiding gee, nie voorskryf nie. Gee erkenning daaraan, maar fokus dan op die feite.



Hier is drie maniere wat jou sal help om nie so maklik aanstoot te neem nie.



1. Gee aan ander die voordeel van die twyfel. Spreuke 19:11 sê jy moet jou eer daarop stel om vergewensgesind te wees. Mense bedoel nie altyd om jou seer te maak nie. As jy dus 'n aanname wil maak, aanvaar dan dat hulle jou nie wou seermaak nie. Miskien reageer hulle op ware seer en spanning in hul eie lewens. Ek en jy het waarskynlik al aanstootlike dinge aan ander gesê wat ons nie bedoel het nie, en nogtans het mense genade aan ons betoon. Kom ons maak dit wederkerig. Iemand met 'n volwasse geloof sal hom daarvan weerhou om aannames te maak, en iemand eerder die voordeel van die twyfel gee.



2. Moenie jouself te ernstig opneem nie. Wanneer ons aanstoot neem, aanvaar ons die ander persoon het ons in gedagte gehad. Dit, my vriend, is hoogmoed. Daar is 'n sterk moontlikheid dat jy nie eens in die prentjie was toe hy/sy die aanstootlike ding gesê het nie. Ontspan en moenie jouself die spil maak waarom alles draai nie — ontspan en laat die aanstoot vaar, so gou moontlik, voordat die las te swaar word.



3. Praat jouself weg van die afgrond af. Wanneer jy voel jy wil aanstoot neem, vra jouself: hoekom pla dit my so? Sal dit oor 'n dag of 'n week nog saak maak? Ons moet tot die kern deurdring waarom ons aanstoot neem. Al wat ons baat deur aanstoot te neem, is om chaos binne onsself te skep.



Onthou: Niemand kan jou forseer om aanstoot te neem nie. Sal mense aftakelende dinge sê wat dit moeilik maak om nie aanstoot te neem nie? Ja. Kan ons hulle keer? Nee. 



Ons kan nie ander se optredes kies nie, maar ons kan kies hoe ons daarop reageer — soos om dit te laat verbygaan of om grense te stel wat omstandighede waarin ons herhaaldelik seergemaak word, sal voorkom. Dan kan ons kies om aan mense die voordeel van die twyfel te gee en onsself te kalmeer in omstandighede waar die behoefte om aanstoot te neem, die hoogte inskiet. 



Susan, wat leer om nie aanstoot te neem nie.  



Bid: Vader, help my om so te wandel dat ek daarvan bevry is om aanstoot te neem. Mag ek mildelik genade op mense uitstort soos U op my uitgestort het. In die Naam van Jesus, amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Grudge

Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis ka...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid