Leesplan inligting

Wat Is Geestelike Gawes?Voorbeeld

What Are Spiritual Gifts?

DAG 2 VAN 4

Die Gawes 



Ons het geleer dat geestelike gawes aan al Christus se volgelinge gegee is deur die Heilige Gees, met die doel om ander op te bou. Die Bybel gee ons 'n lys van vele gawes wat in 'n verskeidenheid gedeeltes in die Nuwe Testament voorkom. In geen besondere volgorde nie, is dit: profesie, om hulp te verleen, om ander te leer, bemoediging, vrygewigheid, om te lei, om genade te bewys, vermoë om te organiseer, wysheid, kennis, geloof, gawe van genesing, om wonderwerke te doen, die vermoë om te onderskei, om in ongewone tale te kan praat, om dit te interpreteer, apostelskap en om evangeliste en leraars te wees. 



Baie teoloë is van mening dat hierdie lys glad nie volledig is nie, en dat toe die apostel Paulus oor hulle geskryf het, hy net sommige van hulle, maar nie noodwendig almal van hulle genoem het nie. Ongeag die gawes wat in die Bybel gelys is, is hierdie die mees algemene gawes wat gelowiges het.



Baie van hierdie gawes is maklik om te verstaan, terwyl sommiges 'n bietjie langer vat om van te leer. Byvoorbeeld, die gawes om ander te leer, om te gee, te bemoedig en hulp te verleen is selfverduidelikend. Maar, om te verstaan wat dit werklik beteken om die gawe van onderskeiding te hê, wysheid, die vermoë om in ongewone tale te praat of dit te kan uitlê, mag meer besonderhede benodig. God se gawes was nooit bedoel om ons te verwar nie, dus sal dit wys wees vir ons om oor almal van hulle te leer, selfs al het ons net een of twee van hulle. 



Selfs al is al hierdie gawes so verskillend, word hulle deur dieselfde Gees aan ons gegee. Ons het almal gawes, maar ons het nie almal al die gawes nie. Om te dink dat een persoon elke gawe het wat Paulus gelys het, gaan teen Paulus se vermaning aan ons wat sê, "Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jouself eerder daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het." Elkeen van ons se gawes maak saam 'n volledige eenheid in die liggaam van Christus! Wanneer dit korrek aangewend word, kan ons mekaar aanvul met ons gawes en dit maak die liggaam van Christus juis pragtig.



Die volgende dag van hierdie leesplan gaan net so opwindend wees, want ons gaan meer leer oor hoe om die gawes wat God uit sy Gees aan ons geskenk het, te ontdek. Daar is iets so ongelooflik spesiaal wanneer ons leer van ons gawes en hoe om daarin te groei, om sodoende 'n wonderlike bydrae te maak tot voordeel van ander.



Oordink




  • Met watter van die gawes wat hier genoem is, is jy nie baie vertroud nie? 

  • Om meer in diepte te leer van elkeen van hierdie gawes, lees uit verskillende Bybelvertalings en ook uit 'n verskeidenheid Christelike bronne.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Are Spiritual Gifts?

Jy hoor hoe mense gesels oor hulle gawes en jy sien dat sommige mense dinge doen asof dit vir hulle tweede natuur is. Maar, wat van jou? Jy mag dalk vra: "Wat is my geestelike gawes?" In hierdie 4-dag Leesplan sal jy van...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid