Leesplan inligting

Wat Is Geestelike Gawes?Voorbeeld

What Are Spiritual Gifts?

DAG 1 VAN 4

Wat Geestelike Gawes Is en Hoekom Ons Hulle Gekry Het



Die onderwerp, geestelike gawes, is baie omvangryk en daarom sal ons nie elke aspek daarvan kan bespreek in hierdie Bybelleesplan nie. Ons sal eerder in plaas daarvan die basiese vrae oor geestelike gawes wat dikwels gevra word beantwoord, sodat jy kan ontdek watter gawes jy het en hoe God jou wil gebruik.



Wat is geestelike gawes?

Die Bybel gee ons nie 'n spesifieke definisie van wat 'n geestelike gawe is nie. Pastoor Chris Hodges gee 'n deeglike beskrywing daarvan wat ons behoort te help. Hy sê dat 'n geestelike gawe die "spesiale, bonatuurlike vermoë is wat God elkeen van sy kinders gee, sodat ons saam sy doelwit in hierdie wêreld kan bevorder." 



Hoe verkry ons dit?

Geestelike gawes word deur die Heilige Gees geskenk volgens sy bepalings. Elke volgeling van Christus het ten minste een gawe. Maar, ons moet God nie in 'n boksie plaas en dink dat Hy nie vir ons enige iets wat Hy sou verkies, kan gee nie. Hierdie gawes is van Hom aan ons, soos wat Hy bepaal. 



Die aard van 'n geskenk is om dit weg te gee. Dit is dieselfde met geestelike gawes. Ons ontvang geestelike gawes sodat ons dit met ander kan deel. Die Bybel sê dat geestelike gawes aan ons gegee is deur die Gees met die doel om ander op te bou en te versterk in hulle geloof. 



Hoekom moet ons ander se geloof versterk? Want dinge kan verkeerd gaan en elke dag in ons lewens is 'n stryd. Die doel daarvan om 'n geestelike gawe te ontvang, is om dit weg te gee, nie om dit op te gaar nie. Dit beteken nie dat ons nie daaruit sal voordeel trek nie. Ons sal. Maar geestelike gawes is bedoel om tot voordeel te strek van dié wat God oor ons pad stuur. Ander se gawes sal weer gebruik word om óns te versterk.



Efesiërs 4 sê dat Christus leraars en onderwysers vir ons gegee het "om die gelowiges toe te rus vir hulle diens." Vir te lank het mense aangeneem dat leraars, onderwysers, leiers en werknemers van kerke veronderstel is om alles te doen. En hulle doen alreeds baie - hulle is net nie veronderstel om ook ons deel te doen nie. Kerkleiers sal hulle deel doen om ons te voor te berei, maar ons moet ook óns kant bring om die liggaam van Christus te bou!



Net soos die menslike liggaam pragtig werk met al sy dele, so moet die liggaam van Christus ook - die mense wat Hom volg. Ons is almal geskape met unieke gawes. Ons onderrig, betoon genade, bemoedig, vertoon ons geloof, getuig, dien, gee, ensovoort. Hou aan met hierdie leesplan oor die volgende drie dae, om meer te leer oor die gawes en hoe om joune te ontdek.



Oordink




  • Het jy al ooit iemand iets sien doen in die kerk of in iemand anders se lewe, wat net te wonderlik en onverklaarbaar was? Deel daardie ervaring.

  • Spandeer tyd in gebed en vra dat God jou sal help om jou geestelike gawes te ontdek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Are Spiritual Gifts?

Jy hoor hoe mense gesels oor hulle gawes en jy sien dat sommige mense dinge doen asof dit vir hulle tweede natuur is. Maar, wat van jou? Jy mag dalk vra: "Wat is my geestelike gawes?" In hierdie 4-dag Leesplan sal jy van...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid