Leesplan inligting

Wat Is Geestelike Gawes?Voorbeeld

What Are Spiritual Gifts?

DAG 4 VAN 4

Liefde



Dit is 'n wonderlike ding om te weet wat jou geestelike gawes is. Ons kan ander mense beïnvloed deur die bonatuurlike vermoë wat die Gees van God ons gegee het. Ons word dan Jesus se hande en voete in iemand se lewe. Ons kan ander dien, bemoedig, onderrig en 'n geestelike leier wees vir ons mede-Christene. Maar dit beteken alles niks as ons nie liefde het nie.



Die alombekende hoofstuk van 1 Korintiërs 13, beskryf die perfekte prentjie van liefde. Dit sê liefde is geduldig, vriendelik, nie afgunstig nie, nie grootpraterig nie, en nie verwaand nie. Liefde tree nie onwaardig op nie, is nie selfsugtig nie, word nie maklik kwaad nie en dit hou nie boek van die kwaad nie. Liefde haat kwaad, verbly hom in die waarheid en dit bedek, glo, hoop, en verdra alles. 



'n Liefde vir God en vir ander moet die motivering en toepassing van ons gawes wees. Kom ons gebruik die gawe om te dien as 'n voorbeeld. Wanneer ons dinge sien wat nodig is om te doen, doen ons dit sonder dat ons bybedoelings het. Dit is wat dit beteken om te dien. Maar wanneer ons kom en sê: "Ek wil dit nie doen nie," was ons selfsugtig met ons gawes. As ons net doen wat ons wil en wat vir ons gerieflik is, dan gebruik ons nie ons gawe van liefde nie. Gawes is nie bedoel om selfgesentreerd te wees nie.



Om 'n buitengewone gawe van God te hê beteken nie dat ons volgroeide gelowiges is nie. Die kenmerk van volwassenheid is hoe goed ons die vrug van die Gees uitleef. Dikwels word die vraag gevra: "Hoeveel van die Heilige Gees het ons?" Terwyl die eintlike vraag moet wees: "Hoeveel het die Heilige Gees van ons?" Bedoelende, hoe 'n groot gedeelte van ons lewens word deur die Heilige Gees beheer? Laat ons Hom toe om oor ons te regeer in plaas daarvan dat ons oor onsself en ander probeer regeer?



Om te leer van geestelike gawes en hoe om dit te gebruik om 'n invloed te op ander mense te hê, is 'n lewenslange strewe. Daar sal tye in ons lewens kom wanneer ons dag nou maar net nie verloop soos wat ons gehoop het nie, maar steeds is daar ander wat ons nodig het om hulle op te bou met ons gawe. Dan doen ons dit. Dit is nie vals nie, dit is eenvoudig net die keuse om te doen waarvoor God ons geroep het, ten spyte van gevoelens wat verander. 



Ons gawes sal mettertyd ontwikkel. Ons kan aanhou leer oor ons gawes en kyk na maniere hoe ons dit kan ontwikkel, sodat ons die grootste effek in mense se lewens kan hê. Dit gebeur wanneer ons met ons hele hart na God soek en Sy Gees toelaat om ons te lei. 



Oordink




  • Het jy ontdek watter geestelike gawe jy besit? Indien wel, wat is dit en hoe kan jy sien dat God jou gebruik om ander daardeur op te bou?

  • Wanneer jy hierdie leesplan voltooi, kyk na maniere hoe jy jou gawes kan gebruik. Deur te luister na potgooie, boeke te lees en te praat met jou kerkleiers oor maniere hoe jy betrokke kan raak om in verskillende nie-winsgewende organisasies in die gemeenskap te dien, is 'n paar goeie maniere om mee te begin.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Are Spiritual Gifts?

Jy hoor hoe mense gesels oor hulle gawes en jy sien dat sommige mense dinge doen asof dit vir hulle tweede natuur is. Maar, wat van jou? Jy mag dalk vra: "Wat is my geestelike gawes?" In hierdie 4-dag Leesplan sal jy van...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid