Leesplan inligting

Lukas-reeks — Dis Nou TydVoorbeeld

Luke Series  The Time Is Now

DAG 1 VAN 7

Loof God!


Hoe benader jy vir Jesus? Bevind jy jouself huiwerig om in sy teenwoordigheid in te gaan? Of is dit 'n vreugdevolle, uitbundige ondervinding? Toe my kinders jonk was, het hulle na my toe gehardloop wanneer ek elke dag van die werk af by die huis aankom en geskree: "Pa is by die huis!" Hulle het op my gespring en my omhels. 


Saggeus, 'n volwasse man, het so 'n sterk begeerte om Jesus te sien dat hy voor 'n skare uitgehardloop en 'n boom geklim het om Jesus te kan sien. Terwyl Jesus op 'n jong donkie teen die Olyfberg afbeweeg, groet sy vriende en dissipels Hom met lofbetuiging. Hulle het Hom hoor onderrig gee en die wonderwerke gesien wat Hy verrig het en kan nie weerstaan om te verkondig: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” (Lukas 19:38). 


Met watter mate van opwinding en vasberadenheid streef ons ontmoetings met Jesus na? Wanneer ons Jesus intiem leer ken en Hom in ons lewens sien werk, sal ons dit nie kan weerstaan om Hom te loof nie. Elke persoonlike ontmoeting met Jesus verander ons. Net soos Saggeus, nadat hy in die teenwoordigheid van Jesus was, ingrypend verander is van 'n geldgierige belastinggaarder tot 'n dissipel, sal ons ook vind dat ons harte ingrypend verander wanneer ons doelbewus maniere vind om gereelde gemeenskap met Jesus te hê. 


Dit maak immers nie saak of ons soos klein kindertjies na God toe kom, vol opwinding en uitbundig; of soos Saggeus wat desperaat probeer het om Hom te sien; of soos Jesus se vriende en dissipels met uitroepe van lofbetuiging nie. Wat belangrik is, is dat ons tyd maak om by Hom te wees en Hom te prys vir wat Hy gedoen het, vir wat Hy tans doen en vir wat Hy sal doen. Prys Hom doelbewus en heelhartig — jy sal sien dat die doodgewone saam met Hom, buitengewoon sal word.


Oordink


Hoe het jy God die afgelope paar weke in jou lewe sien werk? Watter verhale kan jy vandag met 'n gesinslid of vriend deel? 


Bid


Here Jesus, my hart loop oor van liefde vir U. Help my om U te prys in watter tydperk ek my ook al bevind. 


Reageer


Neem tyd om God te loof omdat Hy Jesus gestuur het om ons Verlosser te wees. 


Hemelse Vader, my alledaagse lewe word buitengewoon wanneer ek tyd saam met U deurbring. Gee my die oë om u werk in my lewe te sien. 


Elkeen van ons lesers het 'n unieke verhaal van hoe hulle met die Bybel omgaan. Ons nooi jou uit om op die onderstaande skakel te klik, sodat ons meer oor jou en lesers soos jy kan leer. Jou deelname sal die El Centro Network help om voort te gaan om Bybelse hulpbronne van hoë gehalte oral aan mense te verskaf, en sal verslag doen oor die ontwikkeling van nuwe Bybelse hulpbronne. Begin met Opname.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Luke Series  The Time Is Now

Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus ...

More

Ons wil graag die American Bible Society / El Centro Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.americanbible.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid