Leesplan inligting

Lukas-reeks — Dis Nou TydVoorbeeld

Luke Series  The Time Is Now

DAG 4 VAN 7

Onderwerp Aan God se Wil



Gedurende Jesus se laaste aand van gemeenskap met sy dissipels kry ons 'n blik op sy reis van eensaamheid, verwerping en lyding. Omdat Hy besef het sy tyd om na die kruis te gaan, kom nader, het Hy gebid en God ernstig gevra of daar nie 'n ander uitweg was nie. In daardie angswekkende oomblikke het Jesus in opregte en eerlike taal met sy Vader gekommunikeer en Homself daarby berus om die wil van God te doen: “Vader ... laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied” (Lukas 22: 42). 



Uiteindelik was Jesus vol vertroue dat sy Vader se wil die katalisator was vir alles wat in die wêreld en in die lewens van elke geskape wese gebeur. Stel jou voor dat Jesus, met ‘n beswaarde hart, met God praat: “Vader, dit is wat ek voor my sien, en dit lyk uitdagend en oorweldigend, maar ek plaas my vertroue stewig in U. U weet die beste. U sien die begin van die einde. Ek vertrou en aanvaar dus u besluit. U wil, Vader, nie Myne nie.” 



Hierdie naderby blik van Jesus terwyl Hy bid, herinner ons daaraan dat teleurstelling, verwerping en lyding 'n onvermydelike deel van elkeen van ons se verhale is. God is egter ryk in barmhartigheid en is die Voorsiener van genade. As ons ons wil aan God onderwerp, sal ons vind dat God se getrouheid koersvas en betroubaar is wanneer ons deur die verskillende tydperke van die lewe reis. Watter uitdagings ons ook al in die gesig staar, mag ons soos Jesus sê: “Vader ... laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied." 



Oordink



Watter geheime vrese probeer jy vir God verberg? Is daar gebede wat jy bang is om te bid? Dit hou geen voordeel in om jou geheime vrese vir God weg te steek nie. 



Bid



Vader, herinner my altyd daaraan dat rentmeesterskap van u sending en boodskap, diens en opoffering van my vereis. 



Reageer 



Bring al jou vrese na God toe en vra vir vrede. Rus dan in die versekering dat God sal doen wat die beste is. 



Vader, soms is ek bang en oorweldig. Leer my in daardie tye om te bid en in U te rus soos Jesus gedoen het. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Luke Series  The Time Is Now

Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus ...

More

Ons wil graag die American Bible Society / El Centro Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.americanbible.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid