Leesplan inligting

Lukas-reeks — Dis Nou TydVoorbeeld

Luke Series  The Time Is Now

DAG 6 VAN 7

Herken Jesus



Die Sondag ná Jesus se dood het twee dissipels van Jerusalem na die dorpie Emmaus gestap. Hulle was bedroef terwyl hulle die gebeure van die afgelope drie dae bespreek het. Sommige vroue wat na die graf gegaan het, dit leeg gevind en van engele gehoor het dat Jesus lewe. Sommige van die mans het dít wat die vroue by die graf gesien het, bevestig, maar nie een van hulle het Jesus gesien nie. Hierdie nuus het nie die pyn van hierdie twee dissipels verlig nie. Hulle is bedroef, selfs terwyl Jesus langs hulle loop en met hulle in gesprek tree. Die paar herken Jesus nie en is verbaas dat hierdie vreemdeling onbewus is van die gebeure van die vorige week. Terwyl hulle Hom hul vorige verwagtinge en hulle huidige teleurstelling meedeel, begin Jesus die Skrif aan hulle verduidelik met die woorde: “Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” (Lukas 24: 26). 



Wanneer die twee die vreemdeling aanspoor om by hulle oor te bly omdat dit laat is, voldoen Hy aan hul versoek en eet later saam met hulle. Terwyl hulle eet, neem Jesus brood, seën dit, breek dit en gee dit aan hulle (vers 30). Onmiddellik besef die twee dat die "vreemdeling" inderdaad Jesus is, maar dan verdwyn Hy. Toe hulle oor alles nadink, besef hulle hoe hulle harte gedurende die reis deur Jesus se woorde verbly is. Met vreugde gevul, gaan hulle dadelik terug om die goeie nuus van die opgestane Here aan die ander in Jerusalem te vertel. 



Soms, soos met hierdie twee dissipels, is ons so oorweldig deur ons pyn en frustrasie dat ons nie vir Jesus herken nie. Ons hoor goeie nuus, maar weier om dit sonder bewyse te glo. Tog kom Jesus langs ons om ons harte te verbly en die Woord van God te verduidelik, sodat ons, hoewel ons nie sien nie, nogtans kan glo. Wanneer ons Jesus in ons harte innooi, sal Hy nie 'n vreemdeling wees nie, maar 'n genadige Gasheer wat vir ons die goeie skatte van sy hart sal oopmaak en ons geloof sal gee om Hom te sien soos Hy is. 



Oordink



Watter dinge in jou lewe verhinder jou dikwels om Christus te sien? Het jy bewyse nodig om te glo dat God altyd met jou is? 



Bid



Vader God, help my om Christus te herken in elke situasie waarvoor ek te staan kom. 



Reageer 



Staan tyd af om die Woord van God te lees, Hom te loof en om God se vernuwende teenwoordigheid te ervaar. 



Vader, maak my oë en hart oop sodat ek van Jesus se goeie nuus 'n getuie kan wees. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Luke Series  The Time Is Now

Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus ...

More

Ons wil graag die American Bible Society / El Centro Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.americanbible.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid