Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe. Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag: “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.” Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het. Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?” Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.” Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim. Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi. Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”
Lees LUKAS 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 19:28-40
8 Days
God is mysterious, eternal, immortal, invisible, the only God. Our lives, however, can become mundane, tedious, and cold. This 8-day study will renew your reverent awe toward our Creator, and inspire your worship to become more profound, spontaneous, and authentic. Explore the wonder of the nature of God, and learn why He deserves our unabashed worship and adoration! This plan is written by Amy Groeschel, and is a part of her SOAR with God study. To continue this Free SOAR Bible study go to www.SoarwithGod.com.
The final week in the life of Jesus was no ordinary week. It was a time of bittersweet goodbyes, lavish giving, cruel betrayals and prayers that shook heaven. Experience this week, from Palm Sunday to the miraculous Resurrection, as we read through the Biblical account together. We will cheer with the crowds on Jerusalem’s streets, shout in anger at Judas and the Roman soldiers, cry with the women at the Cross, and celebrate as Easter morning dawns!
31 dae
Ooggetuies lig die goeie nuus in wat Lukas vertel van Jesus se verhaal van geboorte tot dood tot opstanding; Lukas vertel ook Sy leringe wat die wêreld verander het. Reis daagliks deur Lukas terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's