Leesplan inligting

Lukas-reeks — Dis Nou TydVoorbeeld

Luke Series  The Time Is Now

DAG 2 VAN 7

'n Onderdanige Hart



Op een van daardie dae, toe Jesus by die tempel besig was om die volk te onderrig, het die priesterhoofde en ander, vraag ná vraag aan Hom gerig in 'n poging om Hom vas te vra, sy boodskap onder verdenking te bring en Hom uiteindelik dood te maak. Jesus het geen probleem gehad met die vrae van hierdie hovaardige manne nie. In sy antwoorde het Hy hulle dikwels beskaamd en verwonderd gelaat. 



Jesus het geen probleem met vrae nie — nie joune of myne nie. Die manier hoe Hy egter teenoor ons reageer wanneer ons as sy volgelinge Hom met 'n onderdanige hart vrae vra, is aansienlik anders as wat dit was met die leiers in die tempel. God geniet dit wanneer ons Hom met 'n onderdanige hart nader. Die Skrif sê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand” (Lukas 10:27). Die woord om te beklemtoon is "hele". 



Dit is duidelik dat God ons 'n verstand sowel as 'n hart en siel gegee het. Hy wil hê dat ons Hom met ons hele wese moet liefhê. Elke deel van ons is veronderstel om in liefde aan Hom oorgegee te word. As jy dus vrae het, moet jy nie bang wees om Hom te vra oor wat jou hart en denke pla nie. 



Jy probeer dalk nou om uit te vind wat om met jou lewe te doen; wat jou optrede moet wees met 'n groot besluit wat jy in die gesig staar; of wat jy moet doen met wat God in jou hand geplaas het. Vra die Vader! Hy kan jou vrae hanteer. Wanneer jy na God toe kom, kom met 'n onderdanige hart. Wat is jou behoeftes? Buig voor God neer en sê: “Vader, ek onderwerp my aan wat U vir my lewe wil hê.” 



Oordink



Dink aan jou gebede van die afgelope week. Het jy al ooit daaraan gedink dat die toestand van jou hart baie belangriker is as hoe jy jou versoek rig? 



Bid



Here, help my om my hart aan U oor te gee terwyl ek U in gebed nader. 



Reageer



As jy met onderdanigheid worstel, moet jy jou daaraan herinner dat Jesus Homself gewillig aan God die Vader onderwerp het. 



Vader, ek onderwerp my aan U en die goeie wat U vir my lewe wil gee. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Luke Series  The Time Is Now

Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus ...

More

Ons wil graag die American Bible Society / El Centro Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.americanbible.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid