Leesplan inligting

Lukas-reeks — Dis Nou TydVoorbeeld

Luke Series  The Time Is Now

DAG 7 VAN 7

 'n Opdrag Vanuit Die Hart Van God Aan Ons s'n



Tweeduisend jaar gelede het die koms en opstanding van Jesus Christus die wêreld vir ewig verander! Oor die afgelope ses dae het ons saamgereis om te lees, te bid en die waarhede uit te leef wat in die evangelie van Lukas gevind word — die verstommende, Bybelse weergawe van Jesus Christus se lewe. 



Ons doel is om ons land en wêreld aan die brand te steek deur die Woord van God in ons gemeentes en organisasies, in ons kleingroepies en as individue uit te leef. Ons vurige gebed is om te sien hoe ons stede en gemeenskappe tot eer van God herskep word! 



Ons glo dat die Woord van God nie net bedoel is om ons in te lig nie, maar ons ook te herskep. Ons word geroep om die Woord van God prakties toe te pas — om "daders van die Woord" te word (sien Jakobus 1:22) — om die Woord van God uit te leef. Lukas 4:18-19 verklaar: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep, en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig." 



Oordink



Voel jy dat God jou geroep het om te sorg vir diegene wat arm is en wat ly? Hoe gaan jy reageer? Kan jy mense in jou gemeenskap identifiseer wat die goeie nuus van Jesus nodig het? 



Bid



Here Jesus, roer my hart sodat ek graag ander sal liefhê en dien. Bemagtig my deur u Gees, om alles uit te voer wat U aan my opgedra het om te doen. Help my om u goeie nuus elke dag uit te leef! 



Reageer 



Begin om toe te pas wat jy uit jou reis deur die evangelie van Lukas geleer het, deur te kies, te beplan en die opdrag van Lukas 4 uit te voer — 'n individuele- en groepsuitreikprojek om jou gemeenskap en stad te dien. Bid dat God jou sal bemagtig terwyl jy die Woord van God uitleef en Christus se voorbeeld volg. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Luke Series  The Time Is Now

Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus ...

More

Ons wil graag die American Bible Society / El Centro Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.americanbible.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid