Dade van BekeringVoorbeeld

Het jy al ooit verdwaal? Dit is uiters frustrerend om nie te weet watter pad die regte een is nie. Inteendeel, dit kan soms skrikwekkend wees. In vers 25 vergelyk Petrus ons met skape omdat ons afgedwaal en verlore is terwyl ons in sonde leef. Ons het nie geweet waarheen om te gaan nie, maar na ons bekering van sonde en nadat God ons vergewe het, is ons terug by die kudde met God as ons Herder. Waar dwaal jy gereeld af? Moontlik probeer jy op God se pad bly, maar jy word verwar deur die afdraai paaie van sekere sondes in jou lewe. Bely daardie sonde voor God. Bekeer jou en vra vir God vir hulp om dit totaal te bowe te kom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is óns aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie vyf-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort oordenking wat ontwerp is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is. Vir meer inhoud, kyk by www.finds.life.church
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church