Leesplan inligting

Rus vir die rusteloseVoorbeeld

Rest For The Restless

DAG 3 VAN 3

RUS VAN ALLEDAAGSE BEPROEWINGS 



Ons almal dra baie laste. Sommige dra 'n las van siekte. Ander dra die las van werksdruk. Sommige kinders ervaar die las van strawwe studies. Menige ouers ervaar spanning terwyl hulle hul kinders grootmaak. Sommige ervaar finansiële probleme, terwyl ander emosionele spanning en angs in die gesig staar. Die Bybel stel dit duidelik dat ons in hierdie wêreld deur beproewings sal gaan. Jesus sê in werklikheid vir ons: "in die wêreld sal julle swaar kry" (Johannes 16:33). Petrus sê iets soortgelyks: "Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie" (1 Petrus 4:12).



Job herinner ons: "Die mens, uit 'n vrou gebore, se lewe is kort en vol onrus" (Job 14:1). Dit sluit almal van ons in. Wanneer hy aan die Korintiërs skryf, sê Paulus: "Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk" (2 Korintiërs 5:4). Solank ons almal op hierdie aarde lewe, gaan ons verskeie laste moet dra. Daar is egter goeie nuus! Jesus se belofte in Matteus 11:28 is ook van toepassing op alledaagse beproewings. Jesus bied ons rus aan terwyl ons ons laste op hierdie aarde dra. Dit is hoekom Petrus, die apostel, ons as volg aanmoedig: "Werp al julle bekommernisse op Hom [Jesus], want Hy sorg vir julle" (1 Petrus 5:7). Ons hoef nie ons laste te dra nie, want Jesus is gewillig om al ons laste op Homself te neem. Wanneer ons al ons bekommernisse op Hom werp, sal Hy ons geweldig baie vrede gee, selfs te midde van ons beproewings (Johannes 16:33 en Filippense 4:6-7). Daar is rus as ons na Jesus toe kom. Wanneer Hy iets belowe, sal Hy seker maak dat Hy dit vervul.



Kom vandag na Jesus toe en ontvang rus. Daar is geen rus in sonde, geen rus in besittings, geen rus in roem, geen rus in mense, geen rus in alkohol, en geen rus in dwelms nie. Ware rus word slegs in Christus gevind! Miljoene mense oor die hele wêreld heen ervaar die rus wat Jesus bied. Jy kan ook hierdie rus van alledaagse beproewings ervaar.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Rest For The Restless

Hierdie oordenking sal soekendes help om Christus te vind en gelowiges aanmoedig om in Christus rus te vind van hul daaglikse beproewinge.

Baie dankie aan David Mende en El-Shaddai AOG wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://elshaddaiag.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid