Leesplan inligting

Rus vir die rusteloseVoorbeeld

Rest For The Restless

DAG 2 VAN 3

KOM NA JESUS TOE 



Ons leef in 'n spanningsvolle wêreld. Daar is spanning by die huis, skool, universiteit, die werkplek en byna oral.



Ek het 'n artikel in die "Economic Times" (12 September 2016) gelees, waar 'n opname onthul het dat 46% van die Indiese arbeidsmag aan een of ander vorm van spanning ly. Ek veronderstel dit is ook waar van mense in ander dele van die wêreld. Ten einde spanning te hanteer, reik mense na alkohol, inkopies, rolprente, TV, internet, buite-egtelike verhoudings, dwelms, ens. Hierdie dinge kan ons egter nooit help om spanning te hanteer nie. Wat is dan die blywende oplossing om van spanning bevry te word? Jesus. Ja, in Matteus 11:28 nooi Jesus almal wat uitgeput en oorlaai is om in Hom rus te vind. 



Jesus sê nie: "Gaan iewers anders om rus te vind nie." Hy sê: "Kom na My toe." Jesus bied Homself aan as die oplossing vir ons laste. Dit is waarlik 'n gesaghebbende uitnodiging. Hoekom sê ek so? Want om aan iemand rus te bied, is 'n Goddelike voorreg (Jesaja 40:28-31). Slegs God kan ons rus gee. Hier bied Jesus ons rus aan. Dit is dus nie die uitnodiging van 'n doodgewone onderwyser of profeet nie. Jesus, wat God in die vlees is, gee ons hierdie gesaghebbende uitnodiging. Jy kan in der waarheid nie hierdie rus ervaar sonder om na Jesus te kom nie. 



Om na Jesus te kom, beteken dat ons Hom moet vertrou (net soos Johannes 6:35 sê om na Jesus te kom en om in Hom te glo, saam hoort). Die voorwerp van ons geloof is nie 'n kerk, 'n prediker, 'n geloofstelsel of enigiets anders nie. Ons voorwerp van geloof is Christus. Ons kan dus slegs rus ervaar wanneer ons op Jesus vertrou.



Geen mens op aarde kan vir ons so 'n uitnodiging gee nie. Selfs nie jou ouers, huweliksmaat, kinders, of beste vriend kan vir jou so 'n uitnodiging gee nie. Net Jesus kan vir ons hierdie uitnodiging gee, want net Hy kan waarlik vir ons rus gee. Slegs Jesus is die weg, die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Hy is ons redding. Hy is ons hoop. Hy is die opstanding en die lewe (Johannes 11:25). Hy is die grootste skat! Net Hy is die oplossing vir elke probleem. Dit is hoekom Jesus ons vra om na Hom toe te kom. Kom vandag na Jesus toe!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Rest For The Restless

Hierdie oordenking sal soekendes help om Christus te vind en gelowiges aanmoedig om in Christus rus te vind van hul daaglikse beproewinge.

Baie dankie aan David Mende en El-Shaddai AOG wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://elshaddaiag.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid