Leesplan inligting

Rus vir die rusteloseVoorbeeld

Rest For The Restless

DAG 1 VAN 3

JY WORD UITGENOOI



Vandag is jy die ontvanger van die beste uitnodiging wat jy nog ooit gekry het. Moeilik om te glo? Dis waar! Ek sê hierdie is die beste uitnodiging, want dit kom van 'n persoon wat oneindig waardig is. Die persoon wat hierdie uitnodiging gee is Jesus Christus. Sy ongelooflike uitnodiging vind ons in Matteus 11:28 waar Jesus sê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee."



Hierdie uitnodiging is vir "almal wat uitgeput en oorlaai is." Hierdie oproep is nie vir die selfgenoegsames nie. Dit is ook nie vir die hoogmoediges of die parmantiges nie. Ongelukkig is die meeste mense te trots om te erken dat hulle oorlaai is. Hulle besef nie dat hulle goddelike hulp nodig het nie. Jesus nooi juis diegene wat uitgeput en oorlaai is. Die woord uitgeput verwys na die laste wat ons op onsself neem. En die woord oorlaai verwys na die laste (wettiese reëls) wat andere op ons plaas (Matteus 23:4 en Lukas 11:46). 



'n Ortodokse Jood was oorlaai deur sy godsdiens. 'n Jood moet al 613 gebooie in die wet nakom. En daarby moet hulle verskeie reëls en regulasies, wat in die Joodse tradisies genoem word, ook nakom. 'n Jood lewe gedurig onder die geklank van "Jy mag nie." Maar die Bybel sê dat ons  nooit deur die onderhouding van die wet gered sal word nie (Galasiërs 2:16). 



Dra jy 'n swaar las van sonde en skuld (Psalm 38:3-4)? Jesus bied jou rus. In Matteus 11:28 verwys die woord "rus" na redding. Jy kan nie vrykom van jou laste en redding bekom deur die wet in jou eie krag te volg of deur goeie werke te doen nie. Goeie werke is die vrúg van redding, nie die wortel daarvan nie. Christus het alles gedoen wat nodig is sodat jy verlossing kan bekom. Al wat jy moet doen is om na Jesus te kom met eenvoudige vertroue, jou sonde bely, en Hom vra om jou te vergewe. Let op dat hierdie uitnodiging vir almal bedoel is. Jesus sê: "almal wat uitgeput en oorlaai is." Dit maak nie saak aan watter ras jy behoort, watter godsdiens jy volg, waar jy woon, of wat die kleur van jou vel is nie. Hierdie uitnodiging is vir jou! Jy word uitgenooi!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Rest For The Restless

Hierdie oordenking sal soekendes help om Christus te vind en gelowiges aanmoedig om in Christus rus te vind van hul daaglikse beproewinge.

Baie dankie aan David Mende en El-Shaddai AOG wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://elshaddaiag.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid