Leesplan inligting

Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld

Your Journey Through Grief

DAG 14 VAN 14

DAG VEERTIEN: Die Einde van die Dood


As Christene neem ons dit as vanselfsprekend aan dat Jesus uit die dood opgestaan het. Stel jou vir 'n oomblik voor wat dit sou beteken as dit nie so was nie. Al word hierdie lewe ook hoe goed, al lewe ons (en dit sluit jou geliefde in) ook hoe lank, sal dit nooit genoeg wees nie. Dit kan nooit genoeg wees nie. 



Dit is nie so goed as wat dit kan wees nie! 



Om Jesus te ken maak hier en nou 'n verskil. Jesus het nooit belowe die lewe hier sal sonder pyn wees nie, maar Hy maak 'n verskil. 



Tog is hierdie lewe, selfs saam met Jesus, nie genoeg nie. Iets in ons siele weet daar moet meer wees. God het op 'n manier die ewigheid in ons harte geprogrammeer. Jesus se opstanding verseker ons daarvan. 



Droefheid versterk dikwels ons verlange na die ewigheid. Dit is 'n goeie ding. 



Vriend, hierdie reis van droefheid is net tydelik. Jou trane en pyn, jou geliefde se rusplek, jou droefheid — dit sal alles eendag verby wees, permanent. Die dood sal sterf! 



Jou reis deur droefheid is nie verby na hierdie reeks oordenkings nie. Hou aan om te stap. Hou aan om God saam met jou te neem op hierdie reis. 



Hou ook aan om uit te sien na die dag wat die dood deur oorwinning ingesluk sal word.






Hierdie oordenkings is gebaseer op Carol Peters-Tanksley se boek The Christian's Journey Through Grief: How to Walk Through the Valley With Hope .


Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Your Journey Through Grief

Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://drcarolbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid