Leesplan inligting

Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld

Your Journey Through Grief

DAG 1 VAN 14

DAG EEN: Pyn en Hoop Gelyktydig


As gelowiges rou ons wanneer 'n geliefde sterf. Die dood maak seer — baie! Die getuienis uit die Skrif en van Christene gedurende die laaste 2 000-plus jaar is dat geloof in Christus nie verdriet uitskakel nie. Die dood is 'n vyand.



In 'n sekere sin is verdriet dalk nog pynliker vir gelowiges. God se liefde het ons harte sag gemaak sodat ons meer omgee en meer liefhet, dus is die pyn van die dood veral ondraaglik. Diepe rou is die prys van baie lief te hê. 



Ja ons rou, maar ons rou anders.



Die verskil is nie die afwesigheid van pyn nie. Dit is dat ons ondraaglike pyn en onvernietigbare hoop gelyktydig ervaar.



Vir die Christen gaan hierdie reis daaroor dat ons deur die menslike proses van rou gaan, terwyl ons aan God die geleentheid gee om ware heling te bring.



Dit gaan daaroor dat ons die "slegte deel" van die dood aanvaar en uiteindelik kies om in elk geval ons lewens voort te sit.



Soms sal die vlae van pyn en die vlae van hoop mekaar jaag terwyl dit oor ons siele spoel. Net 'n gelowige wat deur rou gaan, kan verstaan hoe dit moontlik is om sulke ondraaglike pyn te voel en nog steeds sulke onvernietigbare hoop te hê. 



Dit is in orde om seer te kry. Dit is ook in orde om hoop te hê. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Your Journey Through Grief

Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://drcarolbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid