Leesplan inligting

Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld

Your Journey Through Grief

DAG 10 VAN 14

DAG TIEN: Vind Nou 'n Doel


Die dood is nie REG nie! 



God het 'n wonderbare manier om die slegste dinge wat gebeur — selfs die dood van jou geliefde — te neem en iets van betekenis en waarde daaruit voort te bring. 



Dit kan 'n bietjie gevaarlik wees om dit te sê; dit kan klink asof iemand sê God wou hê jou geliefde moet sterf, en dit is nie waar nie. God is teen die dood — beide fisieke en geestelike dood. 



God sal iets betekenisvol doen met selfs hierdie slegte ondervinding as jy Hom die kans gee. 



Paulus het verkies om huis toe te gaan "om by die Here te wees". Solank as wat God egter nog vir hom 'n doel op die aarde gehad het, was hy tevrede om te bly. 



In jou pyn mag jy dalk ook voel jy sal liewer huis toe gaan "om by die Here te wees". As jy egter nog asemhaal, het God nog hier iets vir jou om te doen. 



Jy mag dalk nie nou in staat wees om te sien wat dit is nie, maar jy kan seker wees Hy het nog 'n doel vir jou. 



Neem die besluit dat jy hier sal bly solank as wat God iets vir jou het om te doen en vertrou dat Hy dit vir jou duidelik sal maak. 



God geniet nie jou pyn nie! As jy Hom egter sal toelaat, sal Hy jou heel en van jou iets van waarde en met 'n doel maak; dit selfs uit jou verdriet laat voortspruit. 


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Your Journey Through Grief

Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.

Baie dankie aan Charisma House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://drcarolbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid