Jou Reis Deur HartseerVoorbeeld

DAG ELF: Kyk Vooruit Na die Ewigheid
Die lewe is moeilik. Dikwels voel dit, veral gedurende droefheid, asof ons moeilikhede alles behalwe "lig" of "kortstondig" is.
As hierdie lewe so goed was as wat dit kan wees, sou ons reg gewees het om tou op te gooi. Dit is egter nie die einde nie. Daar is iets meer as wat ons nou kan sien en ondervind.
Vir dié van ons wat saam met Jesus stap, sal dit wat nog kom glorieryk wees — so glorieryk dat ons die pyn wat ons nou verduur as nietig sal sien in vergelyking daarmee, dat ons dit as onbenullig sal beskou.
Om so te wees, moet daardie heerlikheid ontsagwekkend wees!
As Jesus sy oë op die ewigheid moes hou om deur te druk, moet ek en jy dit ook doen. Net deur na die ewigheid te kyk word hierdie lewe die moeite werd.
God verstaan dat jy op hierdie oomblik omtrent niks behalwe jou pyn kan raaksien nie. As jy egter aanhou om hierdie reis van droefheid te stap, sal jou sig mettertyd verbeter, en jy sal kan sien daar is iets anderkant die droefheid.
Daardie toekomstige perspektief sluit 'n doel in vir die res van jou lewe hier op aarde, en selfs meer lewe wat Hy vir jou in die ewigheid voorberei het. Moenie jou geleentheid om die heerlikheid wat vir jou voorlê mis te loop nie.
Aangaande hierdie leesplan

Moenie daaroor kom nie. Kom daardeur. Dr. Carol Peters-Tanksley help jou om jou unieke pad deur die rouproses te ontdek in hierdie kragtige 14-dae reis.
More
Verwante Leesplanne

Oorkom Die Monster Van Verdriet

Alles Oor Die Hemel — Droefheid

Sittend in Hartseer: 'n Oordenking Reis om Weer te Staan

Verlies Het Nie Die Finale Sê Nie

Om met Hoop te Rou

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou

Liefde en Verlies

Oorkom Teleurstellings

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
