Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 11 VAN 43

Lees: Hosea 2:13-22, Psalms 71:20-21

SOAP: Psalms 71:20-21

Verdere leeswerk: Deuteronomium 30:1-10

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem hier nie ooreen nie. Lees Hosea 2:13-22 in die Afrikaanse Bybel.

 

U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood. Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms! - Psalms 71:20-21

Hoop. Ek lees vandag se Skrif en my hele hart word gevul met hoop. God sê vir Israel dat sodra sy die ongemak van haar onheil gevoel het, sal sy weer na die stem van God luister, en Hy sal hulle weer terug lok na Homself. By God is daar altyd hoop.

Uit die dieptes van die aarde sal U my weer oprig. As ek terugkyk, kan ek 'n miljoen probleme en rampe sien waarheen my eie sonde my gelei het. Ek was op die laagste punte in my lewe, in die dieptes van wanhoop en sonde en tog het God my nooit verlaat nie. Hy was altyd aan my sy, terwyl Hy geduldig gewag het vir my om my te bekeer en terug te draai na sy liefdevolle arms.

Daar mag tye wees wanneer jy voel dat jy alleen is, dat jy verlore is, dat niemand vir jou omgee nie. Selfs wanneer ons eie sonde ons na die dieptes van die aarde lei, bring God ons keer op keer terug. God sal ons harte vertroos elke liewe keer wanneer ons terugdraai na Hom toe.

Liewe Vader, dankie vir die hoop wat ons in U het. Dankie dat U nie moed opgee om my te red uit die dieptes van my sonde nie. U is 'n goeie Vader vir my. Amen.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid