Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 1 VAN 43

Inleiding:


Hulle het nie aan God getrou gebly nie, maar God het aan hulle getrou gebly.


Die boek Hosea is geskryf om die volk van Israel te wys op die getroue liefde van God, sy "hesed." Israel het herhaaldelik teenoor God gerebelleer. Die konings van Israel het die volk laat afdwaal, afgode gevolg en die tempel van God verontreinig. Die volk het vergeet wie hulle was en Wie s’n hulle was. Israel het van God weggedraai, van die Een wat hulle uitverkies het, hulle bewaar het, vir hulle voorsien en hulle geseën het. Hulle het met ander gode en ander nasies gehoereer. Hul owerspelige en afgodiese harte het hulle ver van God af geneem.


Hosea was net 'n man.


Hy was 'n profeet in Israel met 'n unieke roeping van God. Hy is gevra om met 'n prostituut te trou en getrou aan haar te bly. Hosea het met Gomer getrou, wat ontrou aan hom was. Tog, keer op keer het Hosea Gomer vrygekoop, en haar teruggebring na homself.


God het vir Hosea 'n spesifieke roeping en 'n spesifieke boodskap vir die volk van Israel gegee. Hosea se getroue liefde vir Gomer was bedoel om die getroue liefde van God vir Israel uit te beeld.


Die boek Hosea is profesie, met prosa en vertellings wat dikwels uitdagend en verwarrend is. Soos ons hierdie ongelooflike verhaal bestudeer, is ons gebed dat ons 'n nuwe perspektief op God se karakter sal kry. Selfs in die harde woorde van profesie, kan ons God se hesed sien, sy getroue, verbondshoudende liefde wat streef na die harte van sy volk.


God se liefde word uitgebeeld in die bladsye van hierdie pragtige verhaal van verlossing. Sy getroue liefde is steeds aan die werk, verlos ons en bring ons terug na Hom.


Dalk sal jy die meeste identifiseer met Gomer, die ontroue vrou wat van Hosea af weggehardloop het, ten spyte van sy pogings om haar liefde te wen. Dalk sien jy jouself in Hosea, ontmoedig omdat jy voel dat jou pogings faal, maak nie saak wat jy doen nie. Of dalk sal jy identifiseer met die manier waarop Hosea 'n moeilike roeping ontvang het en aangemoedig word deur die manier waarop hy tot die einde getrou bly. Maar, jy sal veral sien hoe God se getroue liefde herhaaldelik streef na jou hart en lewe.


Terwyl ons God se groot liefde vir ons verken, mag ons leer om Hom lief te hê met ons hele lewe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid