Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 12 VAN 43

Lees: Hosea 3:1-5, Jeremia 3:6-10

SOAP: Hosea 3:1

“Die Here het vir my gesê: Gaan knoop weer 'n liefdesverhouding aan met 'n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg, net soos die Israeliete vir wie Ek, die Here, lief het, ander gode aanhang en lief is vir rosyntjiekoeke.” - Hosea 3:1

 

Arme Hosea het nog 'n bevel van die Here ontvang: "Gaan weer en wees lief vir 'n owerspelige vrou." God sê vir Hosea om weer terug te gaan na sy vrou - die woord "weer" beïndruk my regtig! - en haar los te koop. Onthou dat ‘n ander man op daardie oomblik lief was vir Gomer. Dit was nie iets uit haar verlede nie. Dit was die hede. Tog is hy beveel om terug te gaan na haar toe en haar lief te hê. Om haar los te koop uit die slawerny van haar sonde. Klink dit bekend?

Waarom het God Hosea beveel om terug te gaan na sy steeds ontroue vrou? Nie net ter wille van Hosea en sy vrou Gomer nie, maar ook sodat hulle 'n lewende bewys kan word van die Here se verhouding met sy volk. Hulle was steeds vasgevang in geestelike egbreuk, tog het die Here hulle nog liefgehad.

As ons dink aan die grootheid van God se liefde en deernis teenoor ons, moet dit ons dryf tot meer liefde, medelye en vergewensgesind teenoor ander. Hy vergewe ons keer op keer. Ons moet dieselfde doen.

Liewe Vader, help my asseblief om ander te vergewe soos U elke dag my baie sondes vergewe. Help my om 'n hart vol liefde en genade teenoor ander te hê. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid