Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 10 VAN 43

Lees: Hosea 2:1-12, Deuteronomium 30:19-20

SOAP: Deuteronomium 30:19-20

Verdere leeswerk: Deuteronomium 30:11-20

BAIE BELANGRIK: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem nie ooreen nie. Lees Hosea 2:1-12 in die Afrikaanse Bybel.

 

Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe. Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle te gee.” - Deuteronomium 30:19-20

God hou Israel voor as 'n owerspelige vrou, wat nie meer waardig is om met 'n vrou vergelyk te word nie. Dit wys dat die verhouding groot skade gely het. Israel het haarself aan ander afgode geoffer, net soos 'n owerspelige vrou haarself aan haar minnaars bied.

God waarsku Israel dat as sy nie van haar owerspelige weë afsien nie, sy onder die oordeel sal kom. Hoewel die verhouding skade gely het, het God die volk steeds deur sy genade geseën - maar hy sou dit wegneem as Israel nie na God terugkeer nie. Selfs toe Israel agter ander afgode aangeloop het, het God steeds vir haar voorsien, haar steeds liefgehad.

Net soos Israel in die versoeking gekom het om God te verlaat en agter afgode aan te loop, net so word gelowiges versoek om agter die wêreldstelsel, wat God haat en niks met Hom te doen wil hê nie, aan te loop. Ons moet baie versigtig wees en wyse besluite neem. Voor ons is daar lewe en dood, seën en vloek (Deut. 30:19). Wat sal ons kies? Wie sal ons die meeste liefhê? God of die wêreld? Elke gelowige moet baklei om getrou te bly aan Jesus Christus, totdat Hy terugkeer om sy bruid na die hemelse bruilof te neem. Om dit te doen, moet ons God in alles gehoorsaam wees.

Liewe Vader, help my asseblief om U te ken en elke dag liewer te hê. Help my om die versoeking te weerstaan om na die wêreld te draai in plaas van na U toe. Help my om verstandige keuses te maak in elke aspek van my lewe. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid