Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 13 VAN 43

Lees: Hosea 4:1-14, Miga 6:8

SOAP: Hosea 4:12

Verdere leeswerk: Miga 6

“… soek my volk leiding by 'n stuk hout, verwag my volk dat 'n stok dinge aan hom bekend sal maak. Omdat 'n hoergees die priesters beetgepak het en hulle aan hulle God ontrou geword het,” - Hosea 4:12

 

Ek dink die tye van Hosea is baie soortgelyk aan ons moderne tyd: Daar is geen getrouheid of standvastige liefde nie. Daar is geen kennis van God nie. Daar is ‘n gevloek, gelieg, moord, diefstal en owerspel. Mense breek alle grense. Hulle het die Here verlaat.

Die volk van Israel het raad gevra by hout afgode. Hul harte was baie ver van God af. Israel se afgodery was soos owerspel teen die HERE. Elke offer wat aan 'n heidense afgod gemaak is, was soos 'n daad van owerspel.

Die prentjie is opvallend wanneer ons kyk na hoe Israel heidense gode wou byvoeg by hulle aanbidding van die HERE. Dis nie asof Israel amptelik gesê het: "Ons wil die Here nou verlaat en net heidense afgode dien" nie. Inteendeel, Israel wou afgodediens by die aanbidding van die HERE voeg. God het dit op dieselfde manier ervaar as wanneer ‘n vrou vir haar man sou sê: 'Ek wil hê jy moet steeds my man wees, maar ek wil net 'n paar minnaars ook hê.'

Miga vertel vir ons wat God van ons wil hê: ‘dat ons reg sal laat geskied, liefde en trou sal bewys en dat ons bedagsaam sal lewe voor ons God.’ Doen ons dit? Is daar enige afgode in ons lewens wat ons tesame met God wil aanbid? Dis vandag tyd om diep in ons eie harte te kyk en te sien waarheen dit ons lei.

O God, deurgrond my en ken my hart. Ondersoek my en sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie (Psalm 139:23-24). Help my asseblief om enige afgode in my hart te herken. Amen.

 

 

 

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid