Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 22 VAN 40

Dag 22: Die Water

In hierdie verse spreek die Heilige Een van Israel deur middel van Jesaja. Hy pleit met sy mense, wat op die drumpel van vernietiging staan, dat hulle na die ware fontein van lewe sal terugkeer. Dit is 'n duidelike oproep om sonder versuim na die ewige fontein van lewende water te kom. Jesaja 55:2-3 stel dit duidelik dat dié water die woord van God is. Die uitnodiging is om te kom drink: om die woord te ontvang, dit te beredeneer, jouself daarin te verheug en om daarna te luister soos nog nooit tevore nie. “Luister aandagtig” (vers 2) is letterlik “luister-luister!” 'n oproep tot jou volle, onverdeelde aandag. Hierdie woord is bedoel om hulle te red (vers 3), om hulle te hervorm (vers 7), en hulle 'n seën te maak vir die hele wêreld (vers 5). Hulle word gevra om gemeenskap te hê met hulle barmhartige God (vers 7), maar hulle weier om te luister (Jesaja 6:9).

Die vastyd is 'n tyd vir ons om te erken dat ons dieselfde geneigdheid het as die toehoorders van Jesaja. Ons is geneig om God en sy Woord af te skeep, hetsy met opset of nie. As ons nie gereeld tyd in die Skrif deurbring nie, kry ons geestelike geheueverlies. Ons vergeet dat dit soeter as heuning en druppels uit 'n heuningkoek is (Psalm 19:11). Die vastyd is 'n uitnodiging om Christus te sien soos wat die vrou by die put Hom gesien het — as die rein, oneindige versadiging van ons dorstige siele. Ons word uitgenooi om soveel as moontlik van die fontein te drink. "Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee" (Johannes 4:14).

Gebed

Genadige Here, U roep ons met deernis. Wees genadig en maak ons ore oop om u stem te hoor en terug te keer na U toe. Verwyder die skille van ons oë en maak die geheimenisse van u Woord aan ons bekend. U wonders word daarin openbaar. Wees ons vreugde. Wees ons bevrediging. Maak 'n nuwe verwagting in ons wakker. Dié wat op U vertrou, sal nooit teleurgestel word nie. Wonderlike HERE, ons behoort aan U. In die Naam van Jesus. Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.