Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood - Bybelse GrondbeginselsVoorbeeld

Our Daily Bread - Bible Basics

DAG 1 VAN 12

Ontdek die Ou Testament


Die Ou Testament se verhaal begin voor alle tye. Dit begin: 


Voordat daar mense was.


Voordat daar diere, bome of blomme was.


Voordat daar planete en sterre was.


Voordat daar water en lug was.


Voordat daar klank was.


Voordat daar lig was. 


Dit begin by God.


Die Ou Testament se verhaal verskyn soos 'n klein ligstraaltjie uit die verte, kom vinnig deur die duisternis nader aan ons, en bars oor ons tot 'n klimaks van lig, kleur en klank. Dit vul ons gedagtes, ons emosies, en ons gees met die majesteit en teenwoordigheid van die almagtige God self.


Dit is 'n wonderlike verhaal soos dit ontplooi. Dit is Adam se verhaal. Dit is Noag se verhaal. Dit is Israel se verhaal. Dit is ons verhaal. Maar, meer as alles, is dit God se verhaal. Dit is die opening van sy boek, die verduideliking van sy karakter, en die verslag van sy magtige dade onder mense van die begin van alle tye af.


Die Ou Testament is 'n boek van groot geestelike en persoonlike waarde. Dit is omdat: 


Dit ons van God vertel.


Dit vrae beantwoord oor hoe lewe begin het.


Dit vertel hoe die bose in ons wêreld gekom het.


Dit profeteer van die Messias-Verlosser.


Dit ons inspireer om heilig te lewe.


Dit ons harte vul met dankbaarheid en lofprysing. 


Selfs al is dit so, het baie mense nog nie die Ou Testament ontdek nie. Vir hulle lê die Ou Testament se rykdom verborge, soos 'n groot aar van goud onder die grond in iemand se agterplaas.


Behalwe vir 'n paar bekende gedeeltes wat vir miljoene mense kosbaar is—Genesis 1, Psalm 23, Jesaja 53—bly dit selfs vir baie Christene 'n geslote boek.


Om die waarheid te sê, vir 'n nuwe leser mag die Ou Testament oorweldigend voorkom. Dit bevat gedeeltes wat moeilik lees. Dit bevat ook geweld. Wanneer 'n persoon eers 'n paar basiese feite hiervan begryp, is die Ou Testament nie naastenby meer so indrukwekkend of outyds soos dit mag lyk nie. Dit is opwindend. Dit is dramaties. Dit is werklik. Dit vertel ons goed van onsself en ons wêreld wat ons behoort te weet. En die meeste van alles, die Ou Testament vertel ons van God!



Vir video- en bykomende hulpbronne, besoek die volgende webwerf: https://christianuniversity.org/courses/bible-basics/ 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread - Bible Basics

Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskak...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ChristianUniversity.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid