Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood - Bybelse GrondbeginselsVoorbeeld

Our Daily Bread - Bible Basics

DAG 6 VAN 12

Ballingskap (586-400 v. C.)


Gelukkig eindig die verhaal van die Ou Testament nie met Jerusalem wat verwoes is en haar mense in ballingskap in Babel nie. Dit sluit eerder af met die terugkeer van die Jode na Jerusalem, die herbou van die mure en die herstel van die tempel. Dit vertel ook van die geestelike wedergeboorte van die mense en hulle gewilligheid om God se leiding te vertrou.


Die periode van die ballingskap dek eintlik twee onderwerpe: (1) die ballingskap in Babel, en (2) die terugkeer na Jerusalem. Twee verskillende nasies het Juda in ballingskap regeer. Babilonië was besig om te verkrummel en in 536 v.C. (50 jaar nadat die Jode gedeporteer is), het die koninkryk van die Mede en Persië daarin geslaag om haar te beset. Die nuwe leier, Kores, het die Hebreërs toegelaat om na hulle land terug te keer. Onder Serubbabel het 42 360 Jode die lang tog terug na Jerusalem aangepak en dadelik begin werk aan die tempel. 


Teengestaan deur die Samaritane in hulle projek, het die mense moedeloos geword. Werk aan die tempel het opgehou vir omtrent tien jaar en die mense het teruggeval in geestelike onvergenoegdheid. Maar die prediking van Haggai en Sagaria, sowel as die geestelike leierskap van Esra, het hulle oortuig om weer met die werk te begin. Hulle het die tempel in 515 v.C. voltooi. 


Omtrent 50 jaar later het Nehemia, wat nog in Babel was, 'n groot bekommernis gehad vir die Jode in Jerusalem. As een van koning Artasasta se belangrikste diensknegte, was dit vir hom moontlik om die monarg te nader vir toestemming om 'n prosessie terug na Jerusalem te lei en die mure van die stad te herbou. Toestemming is gegee en fondse voorsien. In rekordtyd is die mure herbou. 


Na 12 jaar het Nehemia teruggekeer na die hof van Babel. In sy afwesigheid het die mense en die priesters weer met hulle bose optrede begin. Die profeet Maleagi is aangewys om hulle sondes uit te wys en hulle te waarsku oor die oordeel van God. 


Om God te sien. Soos ons van die proklamasie van Kores in Esra 1 lees, neem ons die volgende waarhede oor God waar:  


In Babel se gebruik om 'n nasie toe te laat om hulle etniese en geloofsidentiteit te onderhou, sien ons God aan die werk om sy mense te beskerm. 


In die gevangenskap, sien ons God se vermoë om 'n hele nasie te verskuif om sy doel te bereik. 


In die proklamasie van Kores, sien ons sy krag om die denke van 'n magtige heerser te lei. 


In die voorsiening van materiaal om te bou, sien ons sy krag om te voorsien. 


In die terugkeer van die Jode, sien ons God se toewyding aan sy verbonde en profesieë. 


In die terugkeer van Israel, sien ons sy verheffing onder die nasies. 


Om onsself te sien. Ons kan onsself sien in die era van ballingskap en terugkeer in die volgende verteenwoordigende maniere:  


In Israel se ballingskap sien ons ons eie sin van afvalligheid van God, as gevolg van sonde.


In die Jode se terugkeer na geloof, sien ons ons eie vlug na God in tye van tugtiging.


In die proklamasies van Kores en Darius, herken ons die hand van God wat ons lewens rig.


In Ester se moed sien ons ons eie potensiaal vir geweldige dade van geloof (Ester 8).


In die teruggekeerde bannelinge se vrees vir opposisie, sien ons ons eie bewing voor God se teenstanders. (Esra 4).


In hulle staking van die bou van die tempel, sien ons ons eie gebrek aan deursettingsvermoë (Esra 4).


In Daniël se moed, sien ons ons eie potensiaal om op te staan vir ons oortuigings (Daniël 1, 6).


In Israel se hoop op die Messias, sien ons ons eie verwagting vir sy terugkoms.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread - Bible Basics

Is jy nuuskierig oor die Bybel? Is enigiets hiervan nog vir vandag toepaslik? Die Bybelse Grondbeginsels Leesplan bied jou 'n oorsig oor die Bybel en sal demonstreer hoe die Ou- en Nuwe Testament se boeke bymekaar inskak...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ChristianUniversity.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid