Leesplan inligting

GewoontesVoorbeeld

Habits

DAG 5 VAN 6

Vertrou God se Proses



Ons het nou al baie gepraat oor gewoontes, maar wat is dit eintlik? Na aanleiding van wat ons oor die afgelope paar dae geleer het, kan ons aflei dat 'n gewoonte gevorm word as jy gereeld 'n belangrike behoefte bevredig deur 'n sekere gedragspatroon. Kom ons sê ons gebruik God se proses. Ons kom nou by die volgende stap: vertrou God se proses. 



Die skeppingsverhaal in Genesis is vol van goeie daaglikse gewoontes. Hier sien ons vir die eerste keer dat God prosesse gebruik om iets nuuts, gesonds en goeds te skep. Klink dit bekend? God het 'n gewoonte gehad! Net in hierdie een verhaal, het God volhard in uitstekende gewoontes en ander gevra om Hom te help. (Adam het vir die diere name gegee, God het gesê dat dit nie goed was dat die man alleen is nie en het vir Eva geskape.) Hy het dit gevier wat Hy vermag het. (God het elke dag gesien dat sy werk goed was.) Hy het ook op die sewende dag gerus. Terwyl jy die Bybel lees, moet jy heeltyd op die uitkyk wees vir goeie gewoontes of God se proses, want dan sal jy besef dat dit geskenke van God is. 



Ons behoort God te vertrou en te vertrou dat Hy in die proses is. Hy is aan die werk om iets nuuts en moois in jou lewe tot stand te bring, terwyl jy 'n gesonde identiteit ontdek, ander vra om jou te help, genadig is teenoor jouself, ondersoek instel en sy proses vertrou. Die proses om goeie daaglikse gewoontes te kweek is nie net iets wat ons gebruik om sonder God se hulp oor die weg te kom nie — dit bestaan as gevolg van God se hulp. Wanneer ons God vir hierdie daaglikse dade vertrou, word dit God se proses. En tog, sonder God se hulp kan ons beste pogings net 'n self-help projek word. Daardie houding van doen-dit-sonder-God, is wat ons in die moeilikheid laat beland het! 



Bid: Vader, ek is dankbaar vir die gewoontes wat ek met u hulp in plek kan kry. Ek kan niks sonder u krag, vrede en genade doen nie. Help my om voortdurend en daagliks op U staat te maak. Amen. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Habits

Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid