Leesplan inligting

GewoontesVoorbeeld

Habits

DAG 4 VAN 6

Stel Ondersoek In En Bring Veranderinge Aan



Het jy al jou gesonde identiteit begin ontdek? Het jy al 'n paar identiteitsgebaseerde doelwitte gestel en waarhede uit die Woord van God gebruik om jou identiteit te herstel? Het jy die regte mense gevind by wie jy hulp kan vra? Dalk het jy ontdek dat dit nie so maklik is nie en jou nuwe gewoontes nie getrou gevolg nie — maar tog onthou om genadig te wees teenoor jouself. Wat is die volgende stap? Stel ondersoek in en bring veranderinge aan



Wat het dit met die saak te doen? Charles Duhigg het die boek The Power of Habit geskryf en die idee van die "gewoonte siklus" bekend gestel. Die siklus bestaan uit sneller, gewoonte en beloning. As dit jou gewoonte is om te veel te eet voor jy gaan slaap, kan die siklus dalk só lyk — Sneller: Jy kyk TV saam met jou wederhelfte of vriende en 'n advertensie oor kos vertoon. Gewoonte: Jy gaan kyk in die yskas vir iets om te eet. Beloning: Jou liggaam laat positiewe chemikalieë vry terwyl jy eet en die geselskap geniet. Die gevolg is 'n aanhoudende gewoonte. 



Jy sal vir seker sukkel wanneer jy 'n ou gewoonte wil afleer of 'n nuwe een wil kweek. Soms is die rede hiervoor die "gewoonte siklus". As jy iemand is wat die gewoonte wil afleer om voor slapenstyd te veel te eet, moet jy uitvind wat die werklike oorsaak is. Dalk is dit nie die kos in die advertensie nie, maar net die feit dat jy TV kyk saam met vriende of enigiets anders. Jy moet ook jou gewoonte oordink. Kyk jy maar net in die yskas omdat jy verveeld is, omdat dit 'n gewoonte is, of omdat jy regtig honger is? Die beloning is belangrik. Is dit net die kos of die idee dat jy dit geniet om kos saam met ander te eet? Dalk is jy net senuweeagtig wanneer sekere persone jou besoek, of dalk eet jy sodat jy nie met jou wederhelfte hoef te gesels nie. 



Wanneer jy voel dat jy nie die "gewoonte siklus" kan breek nie, stop, stel ondersoek in en bring die nodige veranderinge aan. Gebruik ook die "gewoonte siklus" om goeie gewoontes te kweek en positiewe wenke, gesonde gewoontes en die regte beloning te verkry. 



Die meeste boeke sal nie vir jou die volgende sê nie: daar is altyd 'n oplossing. Hoe weet ons dit? In 1 Korintiërs 10:13 sê die apostel Paulus vir ons dat God getrou is — Hy sal ons nie in 'n versoeking bring wat meer is as wat ons kan weerstaan nie. Maar as ons in versoeking kom, gee Hy ook die uitkoms om dit te weerstaan. Kom ons stel dus ondersoek in, bring veranderinge aan, maak staat op God, vra mense om hulp en neem die volgende stap soos wat Hy jou vorentoe lei. 



Dink hieroor: Wat is my snellers? Hoe kan ek negatiewe snellers met positiewe snellers vervang? Waarheen lei my gewoonte my? Wat is die beloning van my gewoonte? Is dit wat God vir my in gedagte het? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Habits

Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid