Leesplan inligting

GewoontesVoorbeeld

Habits

DAG 3 VAN 6

Wees Genadig Teenoor Jouself



Die dag wanneer jy besluit om ernstig te raak oor goeie daaglikse gewoontes, is die dag wat jy afstand doen van perfeksionisme. Vandag se frase is: wees genadig teenoor jouself. Wanneer jy nie by jou nuwe gewoonte hou nie, wees genadig teenoor jouself. 



Moenie negatiewe denke koester en jouself haat nie. Hou vas aan God se waarheid en die gesonde identiteit wat Hy vir jou gee. Dit is nou die geleentheid om 'n bietjie dieper te delf en die eintlike probleem te ontdek. Gebruik meer tyd om oor jou gesonde identiteit te dink en vra hulp by betroubare mense. 



Dalk het jy alreeds gefouteer. Dalk nog nie. Dit maak nie saak wat die geval is nie, vra vir God, en dalk party mense, om vergifnis. Beskou dit dan as 'n geleentheid om te groei, om 'n dieper genesing te ervaar en as nog 'n kans om 'n goeie daaglikse gewoonte te kweek wat enige probleem sal kan weerstaan. Dis soos wanneer jy verkoue kry en jy jou immuniteitstelsel sterker moet maak. Dit is 'n geleentheid om die selfbeheersing te gebruik wat God jou gegee het, sodat jy kan groei en sterker word.



Jesus het ons beveel om God met alles in ons lief te hê en ander soos onsself. Dit word beskou as die twee belangrikste gebooies. Daar is egter 'n derde een hierin versteek. Om ander soos jouself lief te hê, moet jy vir jouself lief wees! Wees genadig teenoor jouself as jy fouteer, al is dit net omdat Jesus jou beveel. Moenie moed opgee nie. Moenie jouself veroordeel nie. Staan op, kyk op, vra vergifnis en probeer weer!



Bid: Dankie Vader, vir u liefde wat my die krag gee om dinge reg te doen en vir genade wanneer ek fouteer. Ek het u hulp nodig. Ek vertrou U om by my te bly, selfs as ek fouteer. Amen. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Habits

Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid