Leesplan inligting

GewoontesVoorbeeld

Habits

DAG 2 VAN 6

Vra om Hulp



Gister het ons gepraat oor hoe om 'n gesonde identiteit in God se waarheid oor jou te vind. Vandag se leesstuk oor GEWOONTES, kan een van die belangrikstes wees, want dit is noodsaaklik vir al die ander om in plek te val. Vra om hulp



In die boek Hebreërs — 'n brief wat aan Jode geskryf is wat Jesus gevolg het — word dit voorgestel dat die verwaarlosing van ander gelowiges nie net die gebrek aan 'n goeie gewoonte nie, maar eintlik die teenwoordigheid van 'n slegte gewoonte is. 



Die oorspronklike Griekse woord wat in Hebreërs 10:24-25 vir "gewoonte" gebruik word, is éthos, wat beteken dat iets 'n gewoonte geword het, en selfs deur die wet voorgeskryf kon word. Gewoontes lei altyd na iets goed of sleg. Goeie gewoontes, soos om deel te wees van 'n geloofsgemeenskap, is 'n goeie praktyk. Slegte gewoontes, soos om onsself te isoleer wanneer ons sukkel, sal net verdere pyn en wanhoop veroorsaak. 



Jy het vandag se frase (vra om hulp) nodig om enige beduidende vordering met gister se frase (gesonde identiteit) te maak. Die meeste van die verborge en dieper identiteitskrisisse wat ons in die gesig staar, sal net te voorskyn kom as ons met mense gesels op wie ons kan vertrou: beraders, pastore, gades en ons God. 



Het jy die gewoonte gekweek om te versuim om in gemeenskap met ander te leef? Dis nie 'n onoorkomelike probleem nie. Die oplossing is eenvoudig: vra om hulp. Moenie net een keer om hulp vra nie. Maak 'n gewoonte daarvan om gereeld bymekaar te kom en openhartig te gesels met mense wat Christus volg. 



Vra jouself: Met wie sal ek praat oor die gewoontes wat ek probeer kweek en/of afleer? Wat sal ek vir hulle sê? Wanneer sal ek met hulle praat?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Habits

Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid