Leesplan inligting

Die Verhaal van PaasfeesVoorbeeld

The Story of Easter

DAG 7 VAN 7

SONDAG



Op hierdie ontsagwekkende dag gaan ons tyd daaraan wy om oor die kruis na te dink, die leë graf en alles wat dit vir ons gegee het. Laat ons ook nadink oor die taak waartoe hierdie dag ons roep: "gaan maak dissipels." Die suiwer evangelie wat Jesus aan sy dissipels oorgedra het, was die goeie nuus van 'n genade wat oorgedra moet word, nie net ontvang word nie. Jesus het sy dissipels toegerus om dissipels te maak en vrugte te dra. Ons weet dit het gewerk, want die mense wat dissipels geword het, het ook dissipels gemaak. So is dit ook vir tweeduisend jaar oorgedra. Waarskynlik in elke geslag, vir seker ook in ons s'n, ontwikkel die evangelie wat ons versprei soms in iets swakker. In plaas daarvan om waarlik vrugte te dra, kweek ons pitlose druiwe. Terwyl ons vandag tyd inruim om God te aanbid en te dank vir die genade wat ons ontvang het, laat ons bid dat ons meer as ooit tevore, uitgedaag sal word om daardie genade oor te dra en ons sendingopdrag uit te leef.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Story of Easter

Hoe sal jy lewe as jy weet dat dit jou laaste week is? Die laaste week van Jesus se lewe as mens op aarde, was met onvergeetlike oomblikke gevul: vervulde profesieë, intieme gebede, diep gesprekke, simboliese dade en wêr...

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir hierdie leesplan. As jy meer van Life.Church wil weet, besoek asseblief www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid