Leesplan inligting

Die Verhaal van PaasfeesVoorbeeld

The Story of Easter

DAG 4 VAN 7

DONDERDAG



Plaas jouself in die plek van die eerste volgelinge van Christus wat by sy dood teenwoordig was. Jou hart sou gebroke wees. Jou gedagtes sou met jou weggehardloop het. Dit was geensins wat moes gebeur het met die Koning van die Jode nie. Hy was veronderstel om alles reg te stel, heel te maak wat gebreek was, te herstel wat verlore was, maar nou lyk dit asof alles verlore is. Alles is gebreek. Niks is reg nie. Skenk vandag 'n bietjie tyd daaraan om jou in daardie tydperk tussen die kruis en die leë graf in te dink, na alle hoop weg is, voordat genade gekom het. Gebruik daardie gevoel om jou gebed aan te vuur vir iemand wat jy weet elke dag in daardie periode woon. Vra vir God om jou te wys hoe om uit te reik na sulke mense tydens hierdie Paasnaweek.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Story of Easter

Hoe sal jy lewe as jy weet dat dit jou laaste week is? Die laaste week van Jesus se lewe as mens op aarde, was met onvergeetlike oomblikke gevul: vervulde profesieë, intieme gebede, diep gesprekke, simboliese dade en wêr...

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir hierdie leesplan. As jy meer van Life.Church wil weet, besoek asseblief www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid