Leesplan inligting

Noël: Kersfees Is Vir AlmalVoorbeeld

Noel: Christmas Is For Everyone

DAG 3 VAN 12

Abraham: Die Vader van die Geloof


Deur Danny Saavedra



"Verder, omdat julle aan Christus behoort, is julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!"—Galasiërs 3:29 NLV.



Soos ons gister gesien het, het God 'n volmaakte heelal geskep. Op die sesde dag het Hy vir homself mense geskep na sy beeld en gelykenis, die kroonjuweel van sy skepping. Dinge het egter verskriklik skeefgeloop omdat Adam en Eva teen God in opstand gekom het en so sonde en dood in die wêreld gebring het. Maar dit was nie die einde van die verhaal nie. God het 'n plan gehad. Jy sien, met die koms van die dood het ons wonderlike en genadige God ook die belofte van die lewe gegee.



In Genesis 3 het God verduidelik hoe dit alles sou gebeur: Vrouens sal swaarkry met swangerskappe en met pyn hul kinders in die wêreld bring. . . maar nuwe lewe sal kom. En daardie nuwe lewe sal eendag 'n Nageslag voortbring wat die kop van die goddelose slang sal vermorsel (Genesis 3:15). Wat hierdie onthulling betref, het John Gill geskryf: "Die Messias, die gesiene Nageslag van die vrou, sal die kop van die ou slang, die duiwel, verpletter, dit wil sê, hom vernietig. . . hom breek, al sy skelmstreke deurmekaar krap en al sy werke verwoes, sy hele ryk verbrysel, hom van sy gesag en heerskappy ontneem, en in besonder van sy mag oor die dood, en sy tirannie oor die liggame en siele van mense; alles wat deur Christus tot stand gebring is toe hy vlees geword het."



Vandag gaan ons die geloofsman leer ken wat deur God gekies is om deur hom die beloofde Nageslag tot stand te bring. Sy naam was Abraham, liefderyk bekend as die vader van die geloof. Jy kan jouself afvra: "Hoekom het God vir Abraham gekies? Wat was so besonders aan hom?"



Ons word vir die eerste in Genesis 12 aan Abraham, 'n afstammeling van Sem, voorgestel. Hier beveel God hom om te pak en sy huis met alle geriewe agter te laat, sy gesin te ontwortel en na 'n vreemde land te reis. Interessant genoeg, is Abraham nie eens ingelig na watter land hy moes gaan nie. God het vir hom gesê: "Gaan na die land wat ek jou sal wys" (Genesis 12:1). Saam met hierdie merkwaardige roeping het 'n belofte gekom: "Ek sal jou tot 'n groot nasie maak. . . In jou sal al die geslagte van die aarde geseën word" (Genesis 12: 2-3). En dit is op hierdie oomblik wat ons die rede sien waarom God hom gekies het.



Dit was nie omdat Abraham besonder talentvol of regverdig was nie. God het Abraham gekies omdat hy geweet het dat Abraham gehoorsaam sou wees. John McArthur skryf: "Die oomblik toe hy verstaan wat God gesê het, het hy begin pak. Dit was onmiddellike gehoorsaamheid. Dit kon dalk 'n paar dae of selfs weke of maande geneem het om die finale voorbereidings vir die reis te tref, maar in sy gedagtes was hy reeds onderweg. Van toe af, het alles wat hy gedoen het daarom gewentel om aan God se roeping gehoorsaamheid te wees."



Jakobus 2:23 sê: "Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken Hy is 'n vriend van God genoem." Op 75-jarige ouderdom het Abraham God se roeping beantwoord en met sy gesin weggetrek. Die interessante ding oor God se belofte om hom 'n groot nasie te maak en die hele wêreld deur Abraham se nageslag te seën, was dat Abraham en sy vrou, Sara, geen nageslag gehad het. Hoe sou God 'n groot nasie uit 'n kinderlose ou man en sy vrou maak? Wel, Abraham het oor dieselfde ding gewonder! God het dus Sy plan teenoor Abraham geopenbaar en hom vertel dat hy 'n kind sou hê, en dat sy afstammelinge uiteindelik die sterre in getal sou oortref! En raai wat? Ten spyte van die onwaarskynlikheid, gebrek aan logika en omstandighede, het Abraham God geglo!



Die verhaal van Abraham leer ons wat ons rol in God se plan van verlossing is. Dit is nie werk nie, maar geloof en aanbidding. In Genesis 12 het Abraham die belofte in geloof ontvang, en dadelik daarna het hy 'n altaar gebou, 'n plek van aanbidding. Hoekom? Omdat hy baie duidelik verstaan het dat nóg sy regte verhouding met God nóg die beloftes wat God aan hom gemaak het, afhanklik was van wie hy was of wat hy gedoen het, maar eerder aan God se getrouheid te danke was.



Terwyl jy deur jou dag gaan, onthou dit: om God in alles wat Hy is en in die krag wat Hy jou gee te aanbid, is mag. Soos ons met Abraham sien, gaan dit nie oor wat ons kan doen nie, maar wat Hy gedoen het. Glo dus in sy beloftes en aanbid Hom, want "julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. . . En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte, erfgename" (Galasiërs 3: 26-27, 29).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Noel: Christmas Is For Everyone

Oor die volgende 12 dae gaan ons deur die Kersfeesverhaal reis en ontdek hoekom dit die grootste verhaal is wat ooit vertel is en ook dat Kersfees vir almal bedoel is!

Baie dankie aan Calvary Chapel Ft. Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid