Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 53 VAN 365

Liefde is 'n gewoonte

As jy liefde net aan- en afskakel soos 'n ligskakelaar, het jy nie ander lief soos God wil hê jy moet liefhê nie. Jesus het gesê: "Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is?" (Lukas 6:32 NLV).

Hy bedoel, enigiemand kan die persoon liefhê wat vir hom lief is. Om 'n meester in liefde te word, moet jy leer om die ongeliefdes lief te hê. Dis wanneer jy mense liefhet wat jou nie liefhet nie, wanneer jy mense liefhet wat jou irriteer, wanneer jy mense liefhet wat jou in die rug gesteek het of oor jou skinder.

Dit klink soos 'n onmoontlike taak en dit is — dis hoekom ons God se liefde in ons lewens nodig het, sodat ons ander kan liefhê: "Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet" (1 Johannes 4:16 NLV).

Wanneer jy besef hoe lief God jou het — met oordadige, onweerstaanbare, onvoorwaardelike liefde — sal sy liefde jou hele fokus op die lewe verander. Indien ons nie God se liefde vir ons aanvaar nie, sal dit vir ons moeilik wees om ander mense lief te hê. Ek praat hier van om liefde aan die ongeliefdes te bewys, die moeilike mense, dié wat jou irriteer, mense wat anders as jy is of baie veeleisend is.

Jy kan dit nie doen voor jy nie God se liefde deur jou laat vloei nie. Jy moet God se liefde ken, sodat dit kan oorvloei in die lewens van ander.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com