Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 54 VAN 365

Stiltetyd: Die regte gesindheid

In God se oë is die rede waarom jy iets doen baie belangriker as dit wat jy doen.

Ons lees in 1 Samuel dat dit heeltemal moontlik is om die regte ding te doen, maar met die verkeerde houding.

Wanneer jy God wil ontmoet in jou stiltetyd, behoort jy die regte gesindheid te hê:

Verwagting — Kom voor God met afwagting en gretigheid. Verwag om 'n goeie tyd van gemeenskap met Hom te hê en ontvang 'n seëning van julle tyd saam: "Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water" (Psalm 63:2).

Eerbied — Moenie in God se teenwoordigheid instorm nie, maar berei jou hart voor deur stil voor Hom te wees en die stilte toe te laat om die gedagtes van die wêreld te laat verdwyn: "Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!" (Habakuk 2:20).

Waaksaamheid — Word eers wawyd wakker. Onthou dat jy ontmoet met die Skepper, die Skepper van hemel en aarde, die Verlosser van die mens. Wees uitgerus en oplettend. Gaan vroeg bed toe sodat jy op jou beste is om met God te ontmoet in die oggend.

Gewilligheid om te gehoorsaam — Moenie na jou stiltetyd kom om te kies wat jy wil doen en wat nie, maar kom met die doel om enigiets en alles te doen wat God wil hê jy moet doen. Jesus het gesê: "As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat" (Johannes 7:17). Kom na God terwyl jy alreeds besluit om sy wil te doen maak nie saak wat nie.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com