Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Gee om vir jou medewerkers
Een van die belangrikste sleutels om God se guns oor jou werk te ontvang, is die volgende: jy moet omgee vir die mense saam met wie jy werk. Dit maak nie saak of hulle jou irriteer, of nie van jou hou nie, jou spot of sleg sê omdat jy 'n Christen is nie, jy moet steeds 'n vriend vir hulle wees.
Waarom is dit so 'n belangrike sleutel tot sukses? Die nommer een les van die lewe, die rede hoekom God ons op aarde geplaas het, is om te leer hoe om lief te hê. God is liefde en Hy wil hê dat ons soos Hy moet wees.
Dit is maklik om mense waarvan jy hou, dié waarmee jy goed oor die weg kom, lief te hê. Onthou dus, wanneer God jou oor ware liefde gaan leer, gaan Hy mense om jou plaas wat moeilik is om lief te hê.
"Laat alles by julle in liefde geskied." Dit beteken: by die kantoor, in die motor, by kliënte, dit maak nie saak waar nie. Die goeie nuus is dat dit nie eintlik so moeilik is nie. Die krag van 'n sagte woord, vriendelike glimlag, vriendelike klop op die skouer, 'n opregte kompliment, bemoedigende woorde en 'n oor wat luister, word dikwels onderskat.
Ek het soveel lewens sien verander as iemand net die tyd afgestaan het om aandag aan daardie persoon te gee. Daar is nie 'n persoon op hierdie aarde wat nie aandag verlang nie. Dit is egter moeilik om iemand te kry wat omgee.
Die apostel Paulus het gesê: "Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie" (Filippense 2:20). Klink dit soos jou werksomgewing? Almal kyk net uit vir hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. Dié wat werklik omgee is werklik bewus van wat aangaan.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More