Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Liefde uit die hart uit
Ek het agtergekom dat, as mense nie op my hart werk nie, werk hulle op my senuwees. Om werklik uit jou hart lief te hê, begin met die begrip van hoekom iemand voel soos wat hulle voel. Vra eers vrae en luister dan. Hoor die seerkry, kyk na die probleme en let op wat vir die persoon saak maak. As jy werklik omgee, sal jy dit agterkom.
Hoe is jy lief vir mense wat, selfs al verstaan jy hulle, nie jou hartsnare roer nie? "God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart" (Filippense 1:8). In die Griekse taal is die woord "toegeneentheid", ook die woord vir ingewande. In die Griekse samelewing het die Grieke geglo dat die kern van emosies in die ingewande gesetel is.
Paulus het gesê: "Ek het 'n gevoel van toegeneentheid in my ingewande vir jou." Dit is nie 'n natuurlike gevoel nie. Dit is bonatuurlik, en daarom het Paulus gesê dat dit nie van homself afkomstig is nie, maar dit is die toegeneentheid van Christus Jesus. Die enigste soort liefde wat bly voortbestaan, ten spyte van hartseer in moeilike omstandighede, is God se liefde — die toegeneentheid van Jesus Christus.
Hoe kry 'n mens hierdie soort toegeneentheid in jou ingewande? "God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het" (Romeine 5:5). God se liefde is nie iets wat jy kan opwek nie. Dit is iets wat in jou uitgestort word deur die Heilige Gees, wanneer jy Hom toelaat om dag na dag in jou te woon.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More
Verwante Leesplanne

Herskep

Noodsaaklikhede vir die Lewe

God Se Droom Vir Jou Lewe

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Die krag van ’n biddende vrou

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Tye van groei
