Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 362 VAN 365

God het jou gekies voordat jy Hom gekies het

God het jou gekies lank voordat jy Hom gekies het. Hy het die inisiatief geneem. "Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder ..." (1 Petrus 1:2). Hoekom sal God my of jou kies om 'n lid van sy gesin te wees? Omdat Hy 'n God van liefde is; Hy is 'n God van genade. Hoe meer jy genade verstaan, hoe meer gaan jy verwonderd staan daaroor.

God het jou gekies. Het jy dit verdien? Glad nie. Verdien jy om in die hemel te kom? Geensins! Is jy goed genoeg om deel van God se gesin te wees? Nee. Hy het jou net gekies. Dit is goeie nuus.

Op grond waarvan het Hy jou gekies? "In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop" (1 Petrus 1:3).

God het jou gekies op grond van sy genade, nie jou dade nie. Jy kan dit nooit verdien nie. Dit sal jou nooit toekom nie. Jy kan nie hard genoeg werk om dit te kry nie. Jy kan nie volmaak genoeg wees nie.

Dit is net deur God se genade dat die Skepper van die heelal sê: "Ek wil jou in my gesin hê." As dit jou nie bemoedig nie, moet jy kyk of jy nog lewe.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com