Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Soms sê God: "Nog nie!"
As jy mismoedig is omdat God nie dadelik jou gebede verhoor nie, moet jy verstaan dat die vertraging NIE weiering is nie. Net omdat jy NOG NIE jou antwoord gekry het nie, beteken dit nie dat God dit nie gaan antwoord of dat Hy van jou vergeet het of nie vir jou omgee nie.
Dit beteken bloot "nog nie!"
Op die weg na geestelike volwassenheid leer ons wat die verskil is tussen "nee" en "nog nie" en ook die verskil tussen 'n weiering van 'n gebedsversoek en 'n vertraging. Die Bybel leer ons: "Nog net 'n kort, kort tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie" (Hebreërs 10:37).
God se vertraging kan 'n toets vir jou geduld wees. Enige iemand kan eenkeer geduldig wees. Die meeste mense kan twee keer geduldig wees. Baie van ons kan ook drie keer geduldig wees. Dus word ons geduld deur God getoets. Oor en oor en oor.
Hoekom? Sodat Hy kan sien hoe geduldig jy is? Nee!
Hy doen dit sodat jý kan weet hoe geduldig jy is. Jy gaan jouself dus leer ken en sal uitvind hoe toegewyd jy is. God toets jou sodat jy kan weet Hy is getrou, selfs as die antwoorde wat jy wil hoor, teruggehou word.
Wanneer jy mismoedig is, verander jou denke deur jouself te herinner dat, deur die terughouding van die antwoorde wat jy wil hoor, God vir jou geduld leer. Vra Hom om jou mismoedigheid na geduld om te skakel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More