Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 337 VAN 365

Die diepte van God se liefde

Daar is geen plek waarheen jy kan gaan waar God se liefde nie teenwoordig is nie. Jy sal nooit van God se liefde geskei word nie.

Niks — geen omstandigheid, geen situasie — kan jou skei nie, want God se liefde is oral: "... geen hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here" (Romeine 8:39).

As jy 'n teenmiddel vir eensaamheid wil hê, hier is dit: jy sal nooit van God se liefde geskei word nie. Die feit is dat ons geliefdes verloor. As jy getroud is, sal een van julle eerste doodgaan. En jy sal daaroor treur.

As jy 'n Christen is, sal jy nooit eensaam wees nie, want jy het toegang tot God se liefde. Ek praat nie van godsdiens nie; ek praat van 'n verhouding met Jesus Christus. Sy liefde duur vir ewig en sy liefde is oral.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com